Ek het nou die dag geskryf dat die huis by Boesmansgat ‘n plek vir die skiet van Die Byl kan wees. Ek sien ek het nog nooit iets oor Die Byl geskryf nie …
Lees voort “Die Byl – TV-reeks resensie”Etiket: Suid-Afrika
Winterbadtyd en die Schnauzers
Vandag kyk ek die drie van my so en besluit dat hulle moet bad. Dit is koud buite, maar warm in die huis vandat ek my fobie oor warm huise en koue buite laat vaar het.
Lees voort “Winterbadtyd en die Schnauzers”Ek en padkos … ‘n be-eierde ervaring …
So daag moedersdag 2021 op. Die kinders stuur vroeg oggend boodskappe in ons groepie op Signal. Skoondogter stuur op Telegram boodskap. Die boodskap is dieselfde – ons hoop pa gaan ma bederf.
Lees voort “Ek en padkos … ‘n be-eierde ervaring …”Bekendstelling van Begaafdekind.com
Om een of ander duistere rede weier Facebook dat ek die skakel na begaafdekind.com met julel deel. Daarom skryf ek nou ‘n artikel op my persoonlike webwerf om dit so met julle te deel. Dit is een van die redes waarom ek sedert Januarie so min op Facebook is – die tegnologie is besig om op grond van sommetjies te besluit wat mens mag sien – en wat nie. Ewenwel, dan deel ek die inligting nou so met ouers en onderwysers.
Lees voort “Bekendstelling van Begaafdekind.com”Carmién tee en The Courier Guys – ‘n wenspan
So rukkie gelede skryf ek oor heerlike geure Rooibostee. En blogvriendin Toortsie antwoord daarop dat sy baie van Carmién se rooibostee hou. Dat daar baie soorte is en dat ek gerus by Woolies moet kyk.
Trots Afrikaans … my leuse ook
My webwerf se leuse is mos Trots Afrikaans. Ek is werklik trots op my taal wat teen alle verwagtinge heen aan die suidpunt van Afrika ontwikkel het. Daarom het die woorde my soos magneet getrek toe ek nou deur DSTV soek vir iets wat ek kan luister – sonder om te kyk.
Lees voort “Trots Afrikaans … my leuse ook”