Gepubliseer in Resensies,Tegnologie

Trots Afrikaans … my leuse ook

My webwerf se leuse is mos Trots Afrikaans. Ek is werklik trots op my taal wat teen alle verwagtinge heen aan die suidpunt van Afrika ontwikkel het. Daarom het die woorde my soos magneet getrek toe ek nou deur DSTV soek vir iets wat ek kan luister – sonder om te kyk.

Goed, almal wat my ken weet ek het stilte om my nodig. Daarom is geen musiek bedags aan nie, geen TV aan nie. Alles is stil. Want as manlief eers by die huis is, word my ore gebombardeer. Nie noodwendig omdat dit so hard is nie, eerder omdat die stilte verbreek is.

En nou wonder ek of die stilte my nie neerslagtig maak nie. Ek wou eers depressief skryf, maar ander eiensakappe word aan depressief geheg. Wat nie noodwendig my gemoedstoestand weerspieël nie.

Ek wou vandag musiekvideo’s soek, maar toe het ek twee keuses toe ek op die blou DSTV-knoppie op die afstandbeheerder druk.

Live TV of Audio.

Ek is nie lus om te soek nie, kies audio en blaai van bo na onder deur die lysie. Hmmm, gaan ek 70’s of 80’s musiek kies? Ek besluit op 80’s, want ek was gedurende die 70’s op skool. En in ons huis is net Afrikaanse musiek geluister. Dus al ek nie noodwendig die 70’s se musiek ken nie.

My universiteitjare was in die vroeë tagtigs. Dit is die soort musiek waarop ons gedans het. Ek was reg om te klik, toe ek tot in my spore gestop word.

Want aan die kant van die lysie is ‘n blok wat die stasies adverteer. En hierdie blok trek dadelik my aandag.

Kanaal 765

Daarna sal ek beslis kan luister, so het ek gedink. Ek het juis nou die dag gedink dat ek die nuwe Afrikaanse sangers nie ken nie. Ek bedoel, seun praat nou die dag van ‘n Van der Westhuizen na wie se musiek hy nie kan luister nie. Skoondogter beduie verder met die arms hoe hy in elke video maak – ek moet hom mos ken.

Ek doen nie, maar toe ek gaan Google, het ek wel sy musiek geken. Stem, hou nie daarvan nie. Maar dit is nie die punt nie, ek het in die jare wat ek nie meer skool toe en terug ry nie, agter geraak. Ek ken nie ons nuutste sangers nie.

Dus het ek op kanaan #765 geklik – Trots Afrikaans.

En nou luister ek, maar moet ek ook dadelik deel.

Wat lekker is, is dat die sanger/es en die naam van die snit gedeel word, asook die album. Ek kan dus na iTunes gaan en die koop waarvan ek hou, sonder om eers te probeer ontdek wie dit gesing het en wat die naam van die snit is.

Natuurlik gaan ek nie van al die liedjies hou nie, maar ek luister op die oomblik na Leah se Ek vergewe jou. En dit is mooi. Al voel ek dat haar musiek baie dieselfde klink.

Dit trek nie my aandag af nie omdat dit videoloos is. Dalk kan ek selfs lekkerder op hierdie musiek huis skoonmaak?

Iedergeval, ek is totaal geheel en al, toetenaal verras dat die naam van die stasie op DSTV toegelaat is. Wat my weer by die punt aan die begin bring.

Afrikaans laat haar nie onderdruk nie.

Inteendeel, sy adverteer haarself in groot woorde op DSTV wat na my mening besonder anti-Afrikaans is.

En daarom sal ek die stasie ondersteun.

Elke dag luister.

My iTunes biblioteek is basies Afrikaans. maar dan moet ek my foon aansit om te luister. Nou kan ek sommer net op #765 klik en luister, sonder om my foon se battery pap te maak.

Hoe lieflik is dit nie?

Terloops, ek moet byvoeg dat ek Afrikaans vir 18 maande lank verskriklik baie gemis het toe ons in Kaz gebly het. Ek ondersteun die kanaal dus omdat ek so na my taal verlang het.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Trots Afrikaans … my leuse ook

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.