Gepubliseer in Joernaal

Carmién tee en The Courier Guys – ‘n wenspan

So rukkie gelede skryf ek oor heerlike geure Rooibostee. En blogvriendin Toortsie antwoord daarop dat sy baie van Carmién se rooibostee hou. Dat daar baie soorte is en dat ek gerus by Woolies moet kyk.

Wel, wat kan ek sê, ek het op daardie stadium in Kathu gebly en daardie Woolies is te klein vir verskeidenheid. Dus het ek nie gaan soek nie.

Toe ry ons Valentynsnaweek Augrabies toe om na die waterval in vloed te gaan kyk. En stop op pad terug by die Pienk Padstal in Kakamas. Natuurlik sien ek dadelik die geskenkboks met rooibostee raak. En koop vir my ene met drie geure rooibostee.

Ek was dadelik verlief.

Carmién maak wonderlike rooibostee. Intussen sien ek op die TV dat Dischem Carmién verkoop. En ontdek ek nuwe geure, asook die koue brousel. Jy gooi die teesakkie in koue water, skud so nou en dan en dan het jy heerlike gegeurde rooibostee sonder om kookwater nodig te hê. Ek gooi nou gereeld sakkies in my handsak en op die lang pad, gooi ek ene in my water. Dit is heerlik verby.

So besluit ek om na Carmién se webblad te gaan om te kyk wat hulle het. En dalkies moes ek nie, want ek is dubbeld verlei. Eerstens kry ek ‘n 20% afslag geskenkbewys omdat ek by hulle nuusbrief aangesluit het. En tweedens betaal ek nie koeriergeld as ek vir meer as R300 koop nie. Die probleem was egter om te kies, want daar was nog spesiale aanbiedinge ook. Op die ou einde bestel ek vir net meer as R1000, wat twee teepotte met glasstaanders insluit.

Ek weet, dit klink rof. Maar, ek het so geredeneer. Baie van die tee kan as geskenkies aangebied word as ek by die kinders gaan kuier, dus was dit tog ‘n winskopie om die tee van die Kaap af te bestel.

Die dame wat e-posse antwoord, is baie gaaf. Die bestelling is Woensdagmiddag voor paasnaweek geplaas. Aangesien dit lang naweek is, het ek nie verwag dat hulle voor die Dinsdag daaraan sal werk nie. Hulle sou buitendien nie versend voordat die betaling in hulle rekening wys nie. Ek het dus die bewys van betaling ge-epos, met geen verwagtinge nie.

Later die middag kry ek die e-pos, betaling ontvang, die bestelling word versend. Met die nommer wat ek kan gebruik om aanlyn te kyk hoe my pakkie vorder – van hulle af tot by my in Kuruman.

En Toortsie, raai wie is in beheer van die pakkie?

Niemand anders as jou The Courier Guy nie!

Net soos toe ons in Kazakhstan gewag het vir my en manlief se lisensies om afgelewer te word, volg ek die pakkie op die Internet. En is ek ook verras oor die roete wat gevolg word.

Toe het ons pakkie gedurende die ergste grendeltyd vanaf Johannesburg na Doha gegaan en ek was opgewonde omdat dit mooi op pad na Kaz toe was. Maar toe gaan dit in die teenoorgestelde ritging. Eers na Amtserdam en toe nog verder wag na London om vandaar na Kazakhstan te kom. ‘n Ompad as jy my moes vra. Waarom van Doha na Amsterdam na London en toe eers na Almaty?

Nou volg dit ook ‘n ompad – van Malmesbury, na Kaapstad, na Johannesburg, na Kuruman. Waarom nie reguit op in die Kaap na die Noord-Kaap nie? En ek verwag dat dit dae gaan vat om hier te kom – ek weet mos hoe lank die pad tussen Kuruman en Johannesburg is.

Saterdag vorder die pakkie tot in Johannesburg, Dinsdag kom dit by die fasiliteit in Johannesburg aan. Woensdagoggend is ek die ene opwinding, want die pakkie het oornag in Kuruman aangekom en toe kry ek die boodskap, die pakkie is uit om afgelewer te word.

Teen 12 uur is die twee pakkies in my hande. In Kuruman. En kon ek my tee begin geniet. Ek het al daaroor geskryf. Wat ek graag weer wil skryf, is dat ek glad nie meer na my Kaz tees verlang nie, nie wonder waar ek sal kan koop as myne klaar is nie.

Want sien, rooibostee is soveel lekkerder as swart tee.

En dit kan ek nou in allerhande geure in my eie land geniet.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “Carmién tee en The Courier Guys – ‘n wenspan

  1. Jajaaa! Daai koeriermannetjie is ‘n wenner! Sal hulle dalk die pakkie van hoofsentrum na hoofsentrum vervoer? Dat hulle eers by die hoofsentra dit sorteer? En Carmién? Say no more.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.