Ek het nou die dag geskryf dat die huis by Boesmansgat ‘n plek vir die skiet van Die Byl kan wees. Ek sien ek het nog nooit iets oor Die Byl geskryf nie …
Miskien omdat ek nie na die nuwe seisoen uitgesien het nie. Want die eerste twee seisoene het gruweldade in gehad wat my slapelose nagte gegee het. Die tweede een meer as die eerste een. Want in die tweede seisoen was daar ‘n enkele reeksmoordenaar wat die hele span getreiter, gemartel en selfs lede van die span uitgemoor het.
Ek het geweet dat daar ‘n opvolg sou wees toe die reeksmoordenaar sy oë oopmaak toe hy vir dood in die hospitaalbed agtergelaat word. Reg om na die lykshuis gestuur te word.
En dit is waar seisoen drie begin.

Seisoen 1 was anders. Hulle het elke week ‘n reeksmoordenaar gevang. Die toneelspel is so goed dat ek steeds sukkel om van my gunsteling akteurs daarna in goeie rolle te sien – veral om hulle as goeie TV-aanbieders te beskou. Soos byvoorbeeld vir Hannes van Wyk, wat ‘n menseter was … Ek het al daaroor geskryf.
Seisoen 2 was bloederig. Die reeksmoordenaar het ‘n plan met die span gehad, en dit sal eers gekyk moet word voordat seisoen 3 verstaan kan word. Jy moet net weet dat die man wat die span weer volg sonder dat hulle dit weet, die reeksmoordenaar is wat toe nie dood is nie.
Maar, toe die eerste tweede episodes verby is sonder dat ons die seisoen begin volg, het ek al my moed bymekaar geskraap dat ons begin opvang. Want sien, kyk gaan ek moet kyk. Hulle gaan die man moet vang. Buitendien, anders gaan ons deur die week weet wat in die episodes gebeur soos wat daar geadverteer word.
Natuurlik begin ek en manlief raai wat gaan gebeur. Juis oor hoe die reeksmoordenaar tydens die eerste twee episodes opgetree het. Om ons vermoedens te verduidelik moet ek eers so bietjie agtergrond gee.
Hierdie reeksmoordenaar het by een in die tronk geleer om so wreed te wees, hy het sy idees vir diegene wat vermoor moet word, by die een in die tronk gevind. En selfs probeer verbeter daarop. En toe word die een in die tronk vrygelaat. Sonder dat die span kon bewys dat hy direk met die reeksmoorde verbind kan word. Hy het mos nou reeds bewys dat hy die aartsreeksmoordenaar is. En die twee reeksmoordenaars staan teen mekaar op …
As jy nie die seisoen gekyk het nie, kan jy op hierdie skakel klik om die Byl se span te leer ken.
Kaptein Piet van der Bijl (Waldimar Schulz wat in 7de laan gespeel het) is die Byl, wat ligweg op Bijleveld gebaseer is. Baasspeurder. Los alle reeksmoorde op, met behulp van sy span. Maar kry ook teenkanting van die burokrasie. In die nuwe seisoen is die man erg getraumatiseerd na die vorige seisoen. Ek ook, dit moet hulle net onthou.
Nicky (Milan Murray) is sy klankbord, was sy meisie, maar ook sy baas se vrou. Dié is in die vorige reeks vermoor. Dit lyk of sy goeterig deur die seisoen agter gelaat is, sy het nie veel trauma om te verwerk nie. Buitendien, sy moet die Byl weer sy ou self help maak.
Lena Evans (Lika Berning) is ‘n forensiese sielkundige en die reeksmoordenaar het haar kind tydens die vorige reeks geteiken. Pragtige vrou, hulle kan haar gerus meer in Afrikaanse reekse gebruik. Sy is mos as ek reg onthou Jana Cilliers en Reghard van den Berg se dogter.
Juan Stuurman ( Marvin Lee Beukes) is tydens reeks 2 erg deur die reeksmoordenaar gemartel en sukkel om dit te hanteer. Hy sukkel waarskynlik die meeste, hy is in die vorige reeks erg gemartel en sou waarskynlik doodgegaan het. Maar toe word hy deur die Byl gered. Hy sukkel met verslawing aan morfien na die vorige seisoen.
Fritz Barnard (Eric Nobbs) is ‘n forensie patoloog en vind die reeksmoordenaars gebaseer op sy kundigheid. Hy speel sy rol baie goed, ek geniet dit om te sien hoe hy die leidrade kry om reeksmoordenaars te identifiseer.
En Shani Smit (Trudy van Rooy) is sy assistent en ook Juan se meisie. Mooie meisie, sy kan gerus ook in meer rolle betrek word. Sy sukkel om te aanvaar dat haar sterk Juan nou so sukkel en verslaaf geraak het.
So het Dinsdagaande 8 uur gekom en gegaan, met ekke wat manlief oortuig dat ons moet gaan slaap, hy staan al 4 uur op (ekke ook, maar ek kan weer in die bed spring as hy ry).
En ons kry die gevoel dat hy die span in hierdie tweede reeks wil aanval omdat hulle hom gevang het en nie doodseker gemaak het dat hy wel dood is nie. Daarom volg hy hulle weer.
Maar – die eerste twee episodes gaan nie oor reeksmoordenaars nie, dit stel die emosionele leed en emosionele kant van die span aan die kyker voor.
En dit werk ook anders – ‘n saak word blykbaar oor twee episode gespeel om mens terug te lok om te weet wat verder gebeur. En so leer hy die emosionele kant van die span ken – mense wat seer het na wat gebeur het.
Ons raai hy gaan hulle die keer help en nie aanval nie. Iets sagters aan hom die keer. Maar, ek moet skryf dat ek dit nie sou raaksien as daar nie so groot gaping tussen seisoen 2 en 3 was nie. Die man het my die skrik op die lyf gejaag. Ons raai dat hy selfs deel van die span gaan word om ander reeksmoordenaars te kan vang. Amper iets soos Silence of the Lambs? Vraag is of Juan en die Byl met die man as spanmaat sal kan saamleef. Ek sou nie kon nie. Maar – mens moet mos jou vyande naby jou bors koester. Om te weet wat hulle beplan.
Of – hy gaan weer korte mette met die reeksmoordenaars in die seisoen maak. Soos in die vorige seisoen. En hulle weer so een voor wees by elke toneel.
Dus sal ons maar moet wag en kyk.
Ek wou die reeks in die daglig kyk. Nie voor en moet gaan slaap nie. En nou het ons sowaar opgevang. In die nag. Om gisteraand na die derde episode te kyk.
Tot gisteraand het ek sowaar Die Byl gemis. Die toneelspel is uitstekend. Die manier waarop die karakters weer aan mens voorgestel word, is briljant. Ek het selfs hier geskryf dat ek uitsien om te kyk wat gaan gebeur. Want dit is een ding van hierdie reeks. Hulle betrek die kyker op ‘n manier wat jou laat weet wat met die karakters gaan gebeur. Voordat hulle dit self weet.
En toe kyk ons gisteraand die derde episode. En ek moet eerlik wees, ek weet nie of ek kans sien om hierdie seisoen klaar te kyk nie. Ek dink nie die tonele van die reeksmoordenaars se dade moet so. uitdruklik en eksplisiet aan die kyker gebied word nie. Baie kinders slaap nog nie 8 uur in die aande nie. En ek moet eerlik wees, ek het lghoofdig geword en gedink dat ek gaan omkap. Weggeloop om net die dete te kyk waar daar nie gemoor en gemartel word nie.
My persoonlike mening is dat dit – wat uitgebeeld word – te na aan die werklikheid in Suid-Afrika is. Om dit enigsins op TV te wil sien gebeur. Die psige van reeksmoordenaars en die redes waarom hulle doen wat hulle doen, is vir my heeltemal voldoende om te verstaan waarom hulle so uitgehaak het. Ek hoef hulle gruweldade – net soos ek tydens seisoen 2 gedink het – nie te sien gebeur nie.
Ek kan dit werklik nie met nie met ‘n geruste hart aanbeveel nie. Ek dink dit is onnodig om mense aan sulke wreedhede bloot te stel – asof hulle werklik daar is om dit te sien gebeur. Dit is skrikwekkend. Ek kan nogal moordverhale lees, maar om dit so te sien gebeur, is nie vir my nie.
Ek weier om te kyk, gaan eers terug as dit verby is. En so verloor ek dele van die verhaal. Want die moorde speel tussenin af.
Volg jy die reeks? Ek sien mens kan net seisoen 2 opvang, nie seisoen 1 nie. Dit is dalk op Showmax of Netflix beskikbaar? En wat dink jy van ons voorspelling?
Goeie uiteensetting.
LikeLiked by 1 person
Ek kyk nie Die Byl nie. Bang vir geweld.
LikeLiked by 1 person
Letty-Ann, dit is waarskynlik waarom ek nie bereid was om die derde seisoen te begin kyk nie. En waar is ek nou? Vlug van my TV-kamer sodra ek die idee kry dat sielsiek mense met hulle geweld besig is. In die eerste twee episodes is kindermishandeling baie grafies uitgebeeld. Dit het my siek laat voel. Dit is na my mening skrikwekkend. Ek is nie seker of hulle die geweld daarvan by ‘n mens wil tuis bring nie, maar met my Silekunde 3 agtergrond besef ek of hulle terselfdertyd vir sielsiek mense idees kan gee. Goed in hulle brein kan plant wat vir hulle as reg voel – hulle sien dit dan op TV.
LikeLike
Ja,baie soos om skelmer streke in die tronk aan te leer!
LikeLiked by 1 person
Jy verstaan wat ek bedoel. Plaas die idees in hulle koppe …
LikeLike
Ja
LikeLiked by 1 person
Danjkie vir die skakel.
LikeLike
Ek het halfpad in die tweede reeks ophou kyk. Ek was mal oor die eerste reeks. Maar is dit nie al die vierde een nie? Dit voel of ek reeks ern en twee dwarsdeur gekyk het, maar die volgende een halfpad.
Dieselfde ook met Boekklub. Mal oor eerste reeks. Reeks 2 het my wollerig laat voel omdat daar net té veel dinge in is waarmee ek nie gemaklik is nie. Reeks 3 het ek een of twee episodes gekyk en opgehou.
LikeLiked by 1 person
Is wel seisoen 3, soos ek geskryf het. Ek het twee sukkel-sukkel gekyk, weggeloop as die geweld begin. Dit los ‘n naar kol op my maag, miskien juis omdat sulke geweld hier ‘n realiteit is. Toortsie, jy praat mos nou. Ek het 3 klaar gekyk, met baie oortuiging om net te kyk en klaar Dit is vir my ook wollerig …
LikeLiked by 1 person
Te veel goed waarmee ek nie saamstem nie.
Ek glo jou -seisoen 3. 😊
LikeLiked by 1 person
So ek kyk tans glad nie tv nie. Net die reeks van die akteur wat vrou sork.
LikeLiked by 1 person
En? Ek het weer geen lus vir hom nie.
LikeLiked by 1 person
Dis ook nie normaal na my mening nie, maar ek kyk dit en geniet dit nogal.
LikeLiked by 1 person
Ek hou nie van hom nie – dit is warskynlik waarom ek nie kyk nie. Het nou die dag kyk in sy lewe gekry en nou hou ek van hom.
LikeLiked by 1 person
Dis interessant.
LikeLike
Die gastehuis waar ek nou oorbly met my ma in die hospitaal, het Netflix. Nou kyk ek The Crown se 4e seisoen.
LikeLiked by 1 person
Geniet dit baie.
LikeLiked by 1 person
Maar nou kyk ek tot nánag. 🙈
LikeLike
En sterkte vriendin.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Hulle oordink nou eers weer die saak. Vandag opereer of eerder Vrydag?
LikeLiked by 1 person
Ag siestog, dit is sleg.
LikeLiked by 1 person
Can’t say I like it – very happy not to have it here on our international channel -I’ll allow you to tell me the finale.
LikeLiked by 1 person
Thanks, Andrew, I presume that I will watch the season, but I think I will give it a skip next season. I hear that there will be a season 4. I do not have to see the gross detail to understanmd a story.
LikeLike
Andrew, the basic story is deep and special. The murders are horrible and grafic.
LikeLike
Ek kyk nog met baie gemengde gevoelens…..het Your Honour ontdek en dis vir my uitstekend….n storie van twee pa’s….een wil sy kind se onnodige noodlottige ongeluk wreek en die ander wil sy seun beskerm…baie intrige. Ook maar eksplisiet op bloeddorstige manier maar n goeie storie….
LikeLiked by 1 person