Gepubliseer in Reisjoernaal,Foto-stories & uitdagings

Wit, witter, witste sneeu …

Verskeie bloggers vra die week dat foto’s gedeel word waarin wit die oorheersende kleur is. En elke keer trek die uitdagings my, want ek het, nadat ek 18 maande in Kazakhstan gebly het, duisende foto’s waarin wit die oorheersende kleur is.

Op die een blog lees ek dat wit nie eintlik ‘n kleur is nie. Tog is wit vir my ‘n baie spesiale kleur.

Ek deel enkele foto’s vir die volgende kleuruitdagings (spesifiek wit) Weekly Prompts; Live in Colour en letter uitdaging: Letter S (S=sneeu).

Laning bome tussen Nur-Tau ski-oord en Ust’-Kamenogorsk, Kazakhstan

Ek het hierdie foto van ‘n laning bome geneem terwyl ons in die winter die pad gevat het na die Nur Tau ski-oord in die platteland om Ust’-Kamenogorsk (Öskemen), so 30 km vanaf Ust. Die swart hoop langs die pad is nie klippe nie, maar sneeu wat van die teerpad afgeskraap is en in sulke klonte smelt en vries soos dit warmer en kouer word.

Daarom deel ek sommer ook ‘n foto van die ski-oord ook. Snags word dit nog kouer, tot -38 grade Celsius.

Nur-Tau ski-oord Ust’-Kamenogorsk

Ons het die plekkie in die somer en in die winter besoek. Die houthuisies met die sneeu rondom het mens getrek, maar in die somer het die groen gras en die kans om daar te braai, ons ook getrek. Daarom was die pandemie besonder aaklig. Die laaste sewe maande in Kazakhstan kon ons bitter min uit die stad uit kom.

Die volgende foto is van die sypaadjie tussen ons woonstel en die winkelsentrum op die oewer van die Irtish-rivier.

Skitterende sneeubelaaide sypaadjie Ust’-Kamenogorsk, Februarie 2020

Soos jy kan sien, is dit bykans die enigste foto waarin ek die skittering van die sneeu kon vasvang. Dit het my laat dink dat silwer in die oggendstond in Kazakhstan is en nie goud nie. Die yskristalletjies skitter silwer in die son. Een van my foto’s wat die prag daarvan die beste vertoon. Hierdie sypaadjie tussen ons woonstel en die nuwe winkelsentrum het ek daagliks gestap. Selde om in te gaan, diot was my staproete.

In die somer is dit maar lelik en vaal, maar dit verander in ‘n sprokiesland in die winter. Die dag na die sneeu is dit lekker om op die sneeu te loop, mens gly nie sommer nie. Maar as dit eers syfgetrap is en die son skyn net effens, is dit glibberig en kan mens maklik val.

Die laaste foto is van ‘n Russiese huisie in Ust’-Kamenogorsk. as die sneeu smelt, vorm dit sulke ysstaktiete van die dak af. Ek het altyd daaraan gedink dat mens maar versigtig moet wees vir die goed.

Ek neem aan hierdie foto’s gee ‘n idee van presies hoe koud dit was, maar al die foto’s was in die daglig geneem.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

37 gedagtes oor “Wit, witter, witste sneeu …

  1. Christa, How nice to see you here.
    Thank you so much for taking part in our White Photo Challenge from June 2019. As you can see our challenges never close and we’re delighted you chose to link to us.
    Your White photos are very lovely and especially the snow covered street lined with fir trees. What a lot of snow!

    Liked by 1 person

  2.                 Ek kan maar net wonder of ons hierdie jaar welk weer sneeu op die grond hier in Wes-Transvaal gaan kry. Ons het dit laas in 1996 gehad en ek het dit baie geniet. Sent from Mail for Windows 10 From: Dr. Christa van StadenSent: Tuesday, 08 June 2021 13:00To: johanpieterse82@googlemail.comSubject: [New post] Wit, witter, witste sneeu … Dr Christa van Staden posted: " Verskeie bloggers vra die week dat foto’s gedeel word waarin wit die oorheersende kleur is. En elke keer trek die uitdagings my, want ek het, nadat ek 18 maande in Kazakhstan gebly het, duisende foto’s waarin wit die oorheersende kleur is. Op die"

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.