So rukkie gelede deel blogvriendin Aletta foto’s van die mooiste donkies by Klub Mykanos aan die Weskus van Suid-Afrika.
En ek vertel vir haar dat ek ‘n baie mooi foto van my ouers by hulle donkies het. En dat ek die foto’s sal deel.
Maar ek kon dit nie opspoor nie.
Ek het nie geweet wanneer dit geneem is nie, dus kon ek nie deur 100 000 foto’s soek vir die regte ene nie.
En my soektog met my pa en ma se gesigte het niks opgelewer nie. Ook nie met Weskus, Langebaan, see of donkies nie.
Ek het my ouers en susters gevra of een van hulle die foto het, want ek wil daaroor skryf. Nee, niemand het nie, dus het ek dit.
En toe word ek sommer hartseer. Dit is een van die mooiste foto’s van hulle wat ek het. En dit is net weg.
Gister besluit my iPad om weer vir my ‘n video van ‘n groepie foto’s van my te maak. En watter een word vir die eerste foto gekies?
Juis hierdie foto van my pa en ma.

Dus, liewe Aletta, hier is die beloofde foto wat ek van die donkie daar in jou omtes geneem het.
Dit is op 24 Februarie 2011 geneem, dus een hele dekade gelede.
Jou donkies is dus dalk nageslag van hierdie ene?
Baie dankie liewe Christa! Dis wonderlik dat jy dit gekry het! Die wonderlikste van als is dat dit nog dieselfde oppasser is wat saam met die donkies is by klub Mykonos. Dit kan dalk ook die donkie se nageslag wees. ‘n Ander interessante ding is dat ons ook 10 jaar gelede in April hier vakansie gehou het en 4 jaar later hierheen getrek het! ❤
LikeLiked by 1 person
Ai Aletta, as ek kon, sou ek ook daarheen getrek het. Maar nou bly een kind in die Wes-Kaap en die ander een in Gauteng. My hart kan dus net verlang … tog, wonder ek of ek vir julle koue seewater kans sien …
LikeLike
Mens raak dit gewoond😊
LikeLiked by 1 person
Ag hoe kosbaar! Die Here get jou hartewens gesien.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Toortsie, hy het.
LikeLiked by 1 person
Bly oor jou kosbare foto, Christa.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Una, dit is vir my ook baie spesiaal.
LikeLike