Nee? Ek is nie seksisties of bevooroordelend nie. Gegewe die plek en hoek van die nommer 1, kan dit nie BB wees nie. Dus is een of albei my manne skuldig. En dit het tot ‘n les in huismaniere gelei …
Ek het al vertel dat my woefkinders geleer is om soos mense in die huis te bly, die nommers (1 $ 2) word buite gedoen. Is daar ooit ‘n Afrikaanse woord vir “house-trained?” So het ek ook geen raad vir Appeltjie met haar Dawie-kind gehad wat nie buitentoe wil gaan vir sy nommers nie. Want myne vra my om uit te gaan.
En ek skat ek kon maar ootuigend wees? Want Bekka is al 9 jaar deel van my lewe. En Shilo 8. Iewers tussen daardie onlangse blog gesprek met Appeltjie en vandag het my woefmanne besluit dit is sommer nonsies die. As ek my nommers in die huis kan doen en dan kan hulle ook. Vergeet heeltemal dat my vertrek daarvoor gemaak is en nie my vloere nie. Gelukkig vermy hulle die matte.
Ook dat ek nie sulke nonsies duld nie.
***
Ek vermoed dit is dalk omdat dit nou saans baie koud word. Ek maak deure oop voor ons gaan slaap en stap in die koue saam met hulle uit vir die nommers. Shilo hol na die naaste pilaar, maar Bekka staan in die deur en bewe. As ek hom roep, draai hy om met sy Jannie-Jammergat houding. Manlief het hom hierdie week na JJ herdoop. Ons het mos vir BB (Bederfde Brak) dan kan hy JJ (Jannie Jammergat) wees.
Maar Bekka weier. Dit is te koud, hy sal knyp.
Ek neem aan dat dit dan my skuld is as hy nie lank genoeg kon knyp nie? Ek moes hom gaan haal het en ek het nie, het net vinnig in die skuilte van my huis ingehardloop, dankbaar hulle is klaar. Miskien ook omdat ek nie saans alleen buite wil wees met DIE BYL wat my Dinsdae bang maak nie.
Die meeste van die tyd doen ek anders. Dan gaan haal ek hom en dra hom uit. Maar Bekka speel die meeste van die tyd nie saam nie – draai om en gaan in met ek het nie ‘n nommer nie. Los my uit … Dus neig ek om die liewe Bekka sy sin te gee. Hy sal vra as hy ‘n nood het.
Die meeste van die tyd knyp ou Bekka goed.
Anders word ek soos ‘n ma met ‘n baba snags wakker gemaak. Hulle huil nie dat hemel en aarde wil vergaan nie. Nee, hulle maak my saggies wakkker. Kom staan in die nag teen my bed, trap liggies met wollerige pootjies teen my kant van die bed. As ek beweeg, vra hulle met blaffies dat ek hulle moet uitvat. Word ek dalk nie altyd betyds vir hulle wakker nie?
Maar ek gaan nie die skuld vat nie, want ek staan elke keer op as ek wakker gemaak word. Dit is die laaste tyd die tyd buite baie aangenamer, want manlief het vir my ‘n dik japon en warm pantoffels gekoop. Dit is die beste wat ek al ooit gehad het, my voete bly warm. Ongelukkig kan ek nie skryf dat hulle mooi is nie … alhoewel skoondogter dink dat hulle oulik is. Mooi vergaan darem gelukkig terwyl deug bly voortbestaan.
Die afgelope ruk kry ek egter soms ‘n snuf in die neus as ek vieruur opstaan om manlief se kos te gaan maak. Wat natuurlik ook vir jou meedeel dat ek nie Covid het nie, dan kan mens mos nie woefkinders se nommer 1 ruik nie. Ek ruik so goed dat dit onaangenaam is, asof ek kan proe ook.
Dan kry ek die nommerplek, kry ek Dettol en gooi ek dit oor die kol om ‘n beter reuk in my neusgate te kry. Sodat ek kan skoonmaak. En natuurlik is ek beduiweld. Hoekom op die ou dag so maak? En dan raas ek met die twee manne, ek gaan dit nie duld nie.
Bekka lyk dan vreeslik JJ, maar Shilo kyk my reguit in die gesig, swaai sy stert …
Tot gister.
Ek het die vloere so pas gevee en die kamermat gewas, toe ek in die gang opkyk en ‘n verdagte blink sien onder die plek waarheen ek die een stoel geskuif het.
En wip ek my uit my kassie uit.
Juffrou Christa alla Ma van drie Woefkinders het klaar gepraat.
Die drie sien hier kom moeilikheid en gaan sit op die stoep, toe ek vra wie dit was. Ek kry geen antwoord nie, alhoewel ek vermoed dat Bekka die skuldige is. Hy trek sy ore so na agter en lyk skaam, terwyl Shilo soos gewoonlik my in die gesig kyk en sy stertjie swaai.
Wie is die skuldige een? Bekka wat skaam lyk of Shilo wat min gepla is? Aangesien ek nie weet wie die skuldige is nie, maak ek soos die regering met pandemie reëls en regulasies – tree ek opvoedkundig heeltemal verkeerd op.
In plaas daarvan om op die regte plek te soek na spore wat dui op die skuldige een (soos druppeltjies jy weet waar), straf ek sommer altwee as ek nie weet wie skuldig is nie. Dit is mos die inding – straf almal oor ‘n paar wat nie luister nie, maar as ‘n juffrou dit in die klas doen, is sy in groot moeilikheid. Dubbele standaarde, soos met alles wat hulle aanpak.
Iedergeval.
Ek gaan haal Bekka op die stoep, druk sy neus in die nommer 1 en gee hom ‘n hou op die boud. Hy skud sy kop en ek word vol druppels gespat. Iets soos kry vir jou? En draf terug stoep toe vanwaar ek dopgehou word. Shilo kry dieselfde straf, maar knor nie vir my nie. Hy volg ook Bekka se voorbeeld, gaan wag op veilige afstand buite die voordeur op die stoepie vir my.
My kinders is dikbek …
Ek maak ‘n ruk later vir my tee en sit op die bank en drink, toe Shilo inkom, by my kom staan, sy voorpootjies op die bank by my. En toe kry ek ‘n preek (speach). ‘n Lang ene waartydens hy sy koppie draai dat mens so bietjie wit van die ogies sien terwyl hy raas.
Net soos my dogter altyd gemaak het as sy van mening was dat ek haar onnodig gestraf of pak gegee het. En soos wat seun oor Shilo vertel het toe hy daar gebly het. Shilo praat terug as mens raas …
Ek raai die gesprek het so gegaan:
“Vir wat het jy my neus in die pie (kon dalk sterker woord gewees het as hy my man se taal gebruik) gedruk?”
En hy skuif so treetjie weg van my af …
Ek antwoord: “Want jy of Bekka het in die huis gepiepie.”
“Dit was nie ekke nie, jy het my verniet gestraf.”
En hy skuif nog ‘n treetjie weg, hou die kwaai kyk.
Ek antwoord: “Hoe moet ek weet wie die skuldige is?”
“Jy moes doodseker gemaak het, of niemand gestraf het nie.”
En hy skuif nog twee treetjies na die voordeur se kant toe, al met die bank langs, op die agterpootjies.
“Wel, julle weet julle mag nie. Het jy my miskien kom roep en gewaarsku?”
“Jy is onregverdig, BB is nie gestraf nie!”
“Wel, Shilo, dit is vir BB fisies onmoontlik om daardie plas te maak – sy kon onmoontlik onderdeur die stoel geklim het om dit te doen. Dit laat julle twee manne met die handige gereedskappies vir klein plekkies en hoeke as die skuldiges.”
“Jy bly onregverdig, jy het my neus in iemand anders se pie gedruk. Ag sies man …”
Ek kry nog ‘n laaste vuil kyk en toe is hy by die deur uit.
Maar hulle het my darem deur die dag vergewe vir die stinkende baarde, wat ek natuurlik sal moet was …
Gisteraand gaan almal uit vir ‘n nommer 1, selfs BB.
Vanoggend staan ek op met geen verrassings nie. Vat hulle uit, sluit die kamerdeur toe manlief ry en werk op my rekenaar verder.
So drie ure later staan twee Schnauzers langs my bed. Sagte, wollerige pootjies teen die bed. Maar hulle blaf nie.
Ek word met ‘n genies gevra om uitgevat te word!
Die een nies, dan nies die ander een. Dan nies die een en dan volg die ander een sy voorbeeld.
En ek kan raai dat dit met die neuse in die piepie te doen het.
Iets soos, vat ons uit vir ons nommers want jy gaan nie weer ons neuse in ongelukke druk nie. Sies man! Kyk hoe ruik ons nou! Dit moet ek duidelik verstaan …
Ek het hulle van kleins af altyd uitgedra vir nommers, daarna uitgeroep om self te stap. En ek het die raad wat my ma gebruik het, naamlik om neusies in die pie te druk, gebruik om hulle te laat verstaan dat ek bereid is om hulle uit te vat, maar nie om hulle nommers agter hulle skoon te maak nie. En nou sal tyd leer of die raad steeds werk.
Ek het nou so lekker gelees, met die hele prent wat voor my afspeel. Vrou dit is epic!!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Maryke, en vanoggend word ek weer so geroep – die geniesery, beurte maak met geniesery.
LikeLiked by 1 person
Julle hondekinders is te pragtig vir woorde xxx
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, ek is so lief vir hulle.
LikeLiked by 1 person
Die niesery is een van hul kenmerke om die mense te laat weet dis nou tyd. Werklik honde leerders stem gladnie saam met die neus indruk nie. My honde doen nie no 1 of 2 binne nie. Ek vat hul ook altyd uit en hul doen hul ding. Nou nog, so net n nege gaan ek en Trompie gou vir n draaitjie. Nie in erf nie maar buite langs sypaadjie. Trompie doen ook nie no 2 in erf nie. Hy doen as ons soggens on loop loop. Hul weet beslis as hul verkeerd gedoen het.
LikeLiked by 1 person
Ek stem heeltemal saam dat die neeu indruk nie die beste raad is nie, maar Scrapy, dit werk. Dit is amper soos pakgee. Ek dink nie dit is die beste nie, maar soms is die die laaste ding wat gedoen moet word om gedrag te verbeter. Ek dink dit is waarom ons tans soveel mense in die tronke het. Hulle het nie vroeg reeds die gevolge van hulle dade deeglik besef nie.
LikeLike
Nou trek jy beslis die waarheid deur na waar dit beslis so is. Almal moet geleer word om dinge te doen anders beteken jy niks nie. Die diere sorteer mekaar ook maar uit deur the grou en te snou op mekaar.
LikeLiked by 1 person
Hulle doen, is dit nie so waar nie?
LikeLiked by 1 person
Beslis waar.
LikeLiked by 1 person
Oor die niesery, dit is die eerste keer wat hulle dit doen. Hulle gee sulke kort blaffies wat almal wakker maak as hulle uit wil gaan en ek eers opgestaan het. Interessant hoe ons woefkinders eenders maar oor verskillend is.
LikeLike
Beslis. Trompie sal nie blaffies gee nie hy sit en smak sy lippe in die deur as ek kastig nog slaap.
LikeLiked by 1 person
Oulik.
LikeLiked by 1 person
Dawie en ek het lang gesprekke oir die saak. Hy is nou amper 1 (nog 3 maande ) en ons woon nou 5 maande in ons huis. Bedags stap hy uit, maar snags is n ander saak. Soggens soek ek 4 geel kolle. Vandag kom my kleinkind kuier en sy kry baie aandag. Ek het nou al 4 kolle opgevee. Geliefde sê hy is jaloers op die aandag, skoonseun sê hy kan sy opgewondenheid nie bedwing nie. Ek sê hy ruik die baba se doek.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit is ‘n moeilike situasie. Jou verklaring klink vir my die beste – hy merk sy plek as hy die doek ruik?
LikeLike
Dit was my idee ook.
LikeLiked by 1 person