Ons is mos vreeslik erg oor ons vleis, as ‘n slaghuis se biltong en wors lekker is, dan word hy ons slaghuis. Soos die een in Noordheuwel, wat in die twee jaar wat ons in Kazakhstan was, iets van sy glans verloor het. Die wors is nie meer lekker nie, waarskynlik omdat ons nou gewoond is om ons eie wors te maak.
Etiket: reisjoernaalcvs
Woefkinders en onaangename reuke
Hierdie storie is so effens onder die belt, blaai dus asseblief verby as dit jou gaan pla. Dit is vir my baie snaaks en ek wil dit eendag kom lees en onthou …
Ons Miniatuur Schnauzer reisgeselle
***Please note: Google translates my site; therefore, my posts are available in your language. I am writing in my mother tongue – Afrikaans. I found some of the translations horrible, so bear in mind that you are reading a machine translated post.***
Die klein groot trek na Kuruman
Ons trek vandag Kuruman toe. Noord-Kaap. Dit was ‘n interessante trek, want ons het met tasse klere en sakke kruideniersware van Kathu gekom. Sommer so in die bakkie, want ons moes meubels kom uitkies om saam te gaan Kuruman toe.
e-Pos uit Kazakhstan – Maart/April 2021 Sarie
Vanoggend was daar nog niks en toe ek weer kyk, is die nuutste Sarie op die rakke. Dit is nou die een waarin my e-pos uit Kazakhstan gepubliseer is.
DeBen, Noord-Kaap
Ek het vertel dat ons verlede Sondag uitgery het na Doringdraad Kontrei-Kuierplek. En dat ek verras was deur die Afrikaans teen die mure, die mooi binnenshuise versiering. En dat ek regtig graag die atmosfeer wou beleef en nie net kos vat en loop nie.