Ek het al soveel keer oor drie dinge gesels wat vir my in Kazakhstan uitgestaan het. Veiligheid, gehoorsaamheid en dat mens oral heen stap. Hierdie foto waaraan my iPad my vandag herinner is in Julie 2020 in Almaty, Kazakhstan geneem.
Lees voort “Kindervervoer in Almaty, Kazakhstan”Etiket: reisjoernaalcvs
‘n Reënboog vir my
Van kleinsaf fassineer reënboë my. Enige deel van ‘n reënboog. En alles wat daarmee gepaard gaan – gedigte en liedjies en foto’s. Soms het ek net ‘n oomblik om die foto te neem …
Lees voort “‘n Reënboog vir my”Hartbeespoortdam, Suid-Afrika
Ek het al ‘n hele paar keer daarteen gestry dat ek ‘n reisiger is. As ek egter deur my foto’s blaai, kan ek nie anders as om te dink dat ek wel een is nie. Maar, dit moet ek dadelik byvoeg, ek is die soort wat die omgewing om my verken, eerder as om uit ‘n tas te leef.
Lees voort “Hartbeespoortdam, Suid-Afrika”Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …
Ek het al vertel dat mens vleis in Kazakhstan baie anders as in Suid-Afrika koop. Jy koop dit by die mark – Fresh Market – direk van die boere af. Daar is afdelings vir bees, skaap, hoender en perd – en in sommige van die markte is ook afgesonderde hokkies vir vark – hulle is Moslems, maar baie eet wel varkvleis.
Lees voort “Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …”‘n Droom oomblik op Kazakhstan koppie in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen)
Hierdie foto is op 16 Mei 2020 geneem, een van die eerste naweke nadat Kazakhstan ons weer toegelaat het om ons huise te verlaat. Kazakhstan en Suid-Afrika so saam-saam middel Maart 2020 besluit om hulle bevolkings binnenshuis te beperk om die verspreiding van die SARS-CoV-2 virus te beperk.
Lees voort “‘n Droom oomblik op Kazakhstan koppie in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen)”Verleenthede op lughawens
Ek is op die oomblik besig met ‘n Bybel leesplan wat my sowaar laat lê het van die lag. Want ek kon die prentjie wat geskep is in my gedagtes voorstel. Verleenthede by lughawens. Daarvan het ek en manlief genoeg gehad die afgelope twee jaar.
Lees voort “Verleenthede op lughawens”