Ek het al ‘n hele paar keer daarteen gestry dat ek ‘n reisiger is. As ek egter deur my foto’s blaai, kan ek nie anders as om te dink dat ek wel een is nie. Maar, dit moet ek dadelik byvoeg, ek is die soort wat die omgewing om my verken, eerder as om uit ‘n tas te leef.
Toe ons in Ruimsig gebly het, moes manlief my gereeld na Hartbeespoortdam toe neem. Sien Una, ek ken jou omgewing goed. Ek dink ook dit is ‘n pragtige plek om te bly. Daar is meer as een goeie gholfbaan, ek kan sommer dadelik aan drie dink. En dan is daar natuurlik die dam.
Hierdie foto waaraan my iPad my vandag herinner, herinner my juis aan een so uitstappie na die dam.

Dié keer kon ek manlief oortuig dat ons in die kabelkarretjie op moes ry – om die aarde van daar bo af te aanskou. As jy jou kaarte reg speel – en daarmee bedoel ek as jy daar bo bietjie rondbeweeg – het jy ‘n 360 grade uitsig oor die dorpie, die dam en ook aan die ander kant van die berg. Dit het gevoel of ek tot in Mooinooi kon sien. Dalk selfs heelwat verder?
Ek het my verkyk aan die mans en vrouens wat oor die rand gespring het, slegs met ‘n stukkie lap en toue om hulle veilig aarde toe te neem. In die absolute geloof dat dit wel sal oopgaan. Soveel vertroue het ek nie in daardie stukkies lap en tou nie, dit is een ding wat ek beslis nie sal doen nie.
Maar – waaraan sou ek my kon vergaap as hulle dit nie gewaag het nie?
Min goed is vir my so mooi soos die son wat kol-kol op die aarde skyn. Soos ‘n verhooglig – om sekere plekke uit te lig. Te beklemtoon. Is dit nie mooi nie?
Jy is beslis n “early bird!”
LikeLiked by 1 person
Allesbehalwe, ek tik my skrywes lank voor die tyd en skeduleer hulle dan vir die dag waarop ek hulle wil laat uitgaan.
LikeLike
Dan is jy nog pligsgetrou en hardwerkend en georganiseerd ook! ( maar eintlik weet ek dit al lankal, né!)
LikeLiked by 2 people
Haai seegogga, lag ek nou lekker. Seker maar? Ek het dit egter begin doen omdat die muse soms op een dag kom en my vier of vyf goed laat skryf en dan bly sy soos ‘n steekse donkie weg. Op die oomblik bly sy so bietjie weg, want ek is besig om ondersoek in te stel na die statistiek wat WP vir my stuur. En ek gebruik dit om my webwerf vir mense toegankliker te maa – soos wat ek al lankal moes – maar ook om seker te maak ek weet presies watter skrywes van my elke liewe dag gelees word.
LikeLike
Oulik. Ek weet wat van my die meeste gelees word- en oorweeg n e-boekie daaroor aangesien ons nou n Toortsie het wat weet hoe.
LikeLiked by 1 person
Ek was baie lank laas daar, so het jou foto geniet.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Anne, mens voel so vry as mens daar bo staan.
LikeLike
Ek hou ook daarvan om te ry en ons land te ontdek. Dis iets wat ek saam met my geliefde ontwikkel het.
LikeLiked by 1 person
En so lekker om saam met hom te doen. Hy stop net nie altyd wanneer ek vra nie …
LikeLike
Dis ‘n pragtige foto
LikeLiked by 2 people
Dankie, Franne, ek hou ook nogal baie van hom. Ek moet bietjie soek waar die ander is.
LikeLiked by 1 person
Pragtige foto. Ook ‘n pragtige vergelyking tussen die sonkolle en verhoogligte.
LikeLiked by 2 people
Dankie, Letty-Ann, voel asof God sekere plekke belig.
LikeLike
Mooi skoon dam! Lyk my natuurbewaaaring het die stryd teen hiasinte gewen!
LikeLiked by 1 person
Is waar, lyk baie skoon.
LikeLike
Dis net ‘n klipgooi ver van my af, maar ek kom nooit daar nie. Behalwe as ek een keer n jaar vir Una gaan kuier. Dis eintlik ‘n skande dat mens so min uitkom
LikeLiked by 2 people
Dit, is dit nie? Nou gaan dit ook net ‘n klipgooi van my af wees.
LikeLike
Christa, die uitsig vanaf die berg is asemrowend mooi. Dis lekker om te weet mense waardeer ons dorpie.🥰
LikeLiked by 2 people
Dankie, una, my sus bly ook daar. Ek is mal oor die dorp, die pad soontoe is net onaangenaam.
LikeLike
Ons bly net ‘n klipgooi weg van Harties af, Grim het juis Sondag toe ons van Jasmyn terukom so draai deur die plotte gaan ry. Ek het wraggies nie eers geweet daar is so baie nie. Altyd lekker om te explore, ons land het soveel mooi plekke
LikeLiked by 1 person
Dit is waar, daar is pragtige plekke, ek lief Jasmyn
LikeLiked by 1 person