Hierdie foto is in Junie 2019 in die Zhastar park in Ust-kamenogorsk (Öskemen) in Kazakhstan geneem. En dit laat my elke keer daaraan dink dat dit goed sou wees as ek maar soos die natuur kan wees.
Lees voort “As ek maar soos die natuur kon wees …”Etiket: reisjoernaalcvs
Bessies met wolmussies in Ust
Ek sien lesers geniet my vertellinge oor ons lewe in Kazakhstan, daarom gaan ek gereeld foto’s plaas wat aan daardie lewe herinner.
Lees voort “Bessies met wolmussies in Ust”Raad om my blogs oor Kazakhstan te lees
Ons het in Januarie 2019 gaan kyk hoe Kazakhstan lyk omdat my man daar wou gaan werk. Gesien dat mens nie sterf as jy buite kom as dit -38 grade Celsius is nie – en op 5 Maart 2019 met ses tasse en my Thermomix in Almaty geland om 18 maande in Kazakhstan te bly.
Lees voort “Raad om my blogs oor Kazakhstan te lees”‘n Motorwassery in Öskemen
Toe ons na Öskemen, ala Ust’-Kamenogorsk in Kazakhstan getrek het, het ons aanvanklik motorloos gegaan. Daar koop mens ‘n motor kontant, dus moes ons eers spaar om ene te kon bekostig.
Lees voort “‘n Motorwassery in Öskemen”Prentjiemooi Öskemen, Kazakhstan
Soms herinner my iPad my aan foto’s wat ek in Öskemen, ala Ust’-Kamenogorsk in Kazakhstan geneem het. En dan kan ek nie help om verras te staan nie. Omdat ek Ust (ons troetelwoord vir die stad) eintlik as super oud en glad nie modern onthou nie.
Lees voort “Prentjiemooi Öskemen, Kazakhstan”Uitsig vanaf Tafelberg, Suid-Afrika
Alhoewel ek my lewe lank in Transvaal (wat na 1994 verdeel is in Mpumalanga, Noord-Wes, Limpopo en Gauteng) gewoon het, is ek baie lief vir die Kaap provinsie (wat na 1994 verdeel is in Die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap). Meer spesifiek die Wes-Kaap en veral die gebied in en om Kaapstad, hoofstad van die Wes-Kaap.
Lees voort “Uitsig vanaf Tafelberg, Suid-Afrika”