Vanoggend herinner my iPad my aan ‘n foto, wat verdere herinneringe meebring. ‘n Vorige keer ‘n soortgelyke foto geneem – op ‘n ander piek van die aarde, ander berg/reeks, ander halfrond, ander klimaat, ander land, ander lewe.
Lees voort “10 000 km uitmekaar – op twee pieke van die aarde”Etiket: Reisjoernaal
Wolkekrabbers in Dubai
Manlief het my in Augustus 2018 met ‘n besoek aan Dubai verras. Vir my verjaarsdag. Ek het soveel foto’s geneem, maar vandag herinner my iPad my aan hierdie spesifieke ene.
Lees voort “Wolkekrabbers in Dubai”Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan
Ons het mos 18 maande lank in Ust’ Kamenogorsk of Öskemen in die noordooste van Kazakhstan gebly omdat manlief in die hoofstad van die oostelike provinsie gewerk. Naby die grens met Rusland (noord), Mongoloë (oos) en Sjina (oos). Laaste drie maande in Almaty. En vandag herinner my iPad my aan hierdie foto van ‘n spanbou.
Lees voort “Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan”Ek en padkos … ‘n be-eierde ervaring …
So daag moedersdag 2021 op. Die kinders stuur vroeg oggend boodskappe in ons groepie op Signal. Skoondogter stuur op Telegram boodskap. Die boodskap is dieselfde – ons hoop pa gaan ma bederf.
Lees voort “Ek en padkos … ‘n be-eierde ervaring …”My Shilo Schnauzer is nie meer Shy-lo nie …
Ek het al vertel dat ek Rogz harnasse vir my woefkinders gekoop het. En dat dit my ‘n arm en ‘n been gekos het. Maar die harnasse is pragtig pragtig en beslis duursaam. Die knippe het selfs ingeboude slotjies en natuurlik ‘n handvatsel soos ‘n tas.
Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer
Ek het hier in die Noord-Kaap ‘n nuwe ding ontdek – Carmién Rooibostee. Dit is blykbaar nie nuut nie, Toortsie het op ‘n vorige skrywe van my kommentaar gelewer dat dit haar gunsteling tee is.
Lees voort “Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer”