My hart pyn … Moet ek dit oorvertel? Gaan jy my glo? Ek is werklik ongelukkig. Dalk moet ek dit net uit my gestel skryf? Dit is mos my persoonlike blog. Nou wonder jy seker waarom my hart pyn? Laat ek dan vertel …
Lees voort “My hart pyn …”Etiket: Reisjoernaal
Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …
Ek het al vertel dat mens vleis in Kazakhstan baie anders as in Suid-Afrika koop. Jy koop dit by die mark – Fresh Market – direk van die boere af. Daar is afdelings vir bees, skaap, hoender en perd – en in sommige van die markte is ook afgesonderde hokkies vir vark – hulle is Moslems, maar baie eet wel varkvleis.
Lees voort “Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …”‘n Droom oomblik op Kazakhstan koppie in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen)
Hierdie foto is op 16 Mei 2020 geneem, een van die eerste naweke nadat Kazakhstan ons weer toegelaat het om ons huise te verlaat. Kazakhstan en Suid-Afrika so saam-saam middel Maart 2020 besluit om hulle bevolkings binnenshuis te beperk om die verspreiding van die SARS-CoV-2 virus te beperk.
Lees voort “‘n Droom oomblik op Kazakhstan koppie in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen)”Verleenthede op lughawens
Ek is op die oomblik besig met ‘n Bybel leesplan wat my sowaar laat lê het van die lag. Want ek kon die prentjie wat geskep is in my gedagtes voorstel. Verleenthede by lughawens. Daarvan het ek en manlief genoeg gehad die afgelope twee jaar.
Lees voort “Verleenthede op lughawens”Die euwel van selfone?
Ek het hierdie foto in Julie 2019 op Moskou lughawe geneem. Ons was vanaf Suid-Afrika via Doha op pad na Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) in Kazakhstan toe. Terug huis toe na vakansie in Suid-Afrika, of sal mens dit eerder ‘n werkweek noem?
Lees voort “Die euwel van selfone?”Sonsondergang oor Valsbaai
My absolute gunstelingstrand is die strand van die kusdorpie Strand., naby Somerset-Wes. Ek dink Strand is sommer terselfdertyd Somerset-Wes se strandgebied. Ek kan ure op die strand loop, foto’s neem en ek raak nooit vir die plek moeg nie. Dit lyk vir my elke keer anders.