Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Reisjoernaal

Wolkekrabbers in Dubai

Manlief het my in Augustus 2018 met ‘n besoek aan Dubai verras. Vir my verjaarsdag. Ek het soveel foto’s geneem, maar vandag herinner my iPad my aan hierdie spesifieke ene.

Ek kyk vandag na verskeie van my blogvriende se plasings waarin hulle swart en wit foto’s deel. Omdat hulle aan Brashley se Midweek Monochrome #58 uitdaging deelneem. En net daar en dan besluit ek om met swart en wit te speel om te kyk hoe die foto sou uitsien as ek kleur weggevat het.

Wolkekrabbers in Dubai vanaf ‘n taxi-boot geneem

Ek is verras dat die foto nie wys hoe warm dit was nie, ek het vergaan van die hitte. Nie goeie idee om Dubai mid-Augustus en dus in die somer te besoek nie. Maar, die foto bring lieflike herinneringe aan heerlike verjaarsdag in Dubai.

Geredigeer – MONO

Ek hou nogal van die MONO-weergawe, soos my Mac dit aangepas het. Maar kyk net hoe mooi lyk die NOIR foto!

NOIR-weergawe

Hierdie foto het meer kontras en laat belangrike detail uitstaan.

As ek moet kies, kies ek waarskynlik die oorspronklike weergawe wat my baie, baie aan die hitte van die stad herinner as gevolg van die geel van die geboue.

Die swart-en-wit weergawes is egter ook vir my mooi.

Mens besef nie regtig as jy daar is hoe hoog die geboue is nie, want almal is hoog. En dan staan Burgh Kalifa dan nog soos ‘n naald in die lug om bo-oor die hoogstes te troon. Maar, as ek so na die foto kyk, besef ek hoe hoog die wolkekrabbers regtig is – omdat die een in die voorgrond maar piepklein teen hulle lyk!

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “Wolkekrabbers in Dubai

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.