Ek het hierdie foto in Julie 2019 op Moskou lughawe geneem. Ons was vanaf Suid-Afrika via Doha op pad na Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) in Kazakhstan toe. Terug huis toe na vakansie in Suid-Afrika, of sal mens dit eerder ‘n werkweek noem?
Want ons het huis toe gekom om uit ons huis te trek. Daar was aanbod op die huis. Toe gebruik die “koper” ons agent om hom te help om die aansoek by die bank reg te kry. En koop ‘n ander huis. En so is ons huis nooit tydens ons verblyf in Kazakhstan verkoop nie.
Om leeg te staan tot ons terugkom.
Ewenwel, hierdie foto-neemgeleentheid was vir my hartseer.
Seker maar omdat ek so na my eie kinders verlang het?
‘n Kazakhgesinnetjie op die lughawe, pa, ma en kind met oop spasies tussen hulle – lank voor Covid-regulasies dit sou voorskryf. Sodat elkeen op sy foon kan sit en lees, speel of wat ookal. As hulle bymekaar is. Verhoudingbou geleenthede wat deur selfone opgeslurp word.

Die silwer randjie is seker maar dat hulle nie tydens die pandemie sou sukkel om by regulasies te bly nie, hulle hou reeds goeie afstand van mekaar. Seuntjie en pappa se lywe weggedraai van mamma af. En hare draai nie na een van hulle toe nie … Praat nie met mekaar nie.
Spoeg kan nie op mekaar spat nie …
Want dit is mos volgens die regerings van die wêreld die een plek waar mens onveilig is. ‘n Virus optel. Binne jou eie familiekring, wat nog altyd as jou veilige plek beskou is. Dit is mos waar jy moet wegbly, want hulle is mos vuil, onhigiëniese mense wat oral spoeg en hoes en nie skoonmaak waar dit spat nie. Ag siesa man, wie kuier regtig saam met hulle familie?
Wel, dan is dit tyd dat ek verslag lewer dat ek baie geseënd is, want ek het nog nooit enige siekte by my man, kinders, kleinkinders, ouers, susters, hulle kinders, hulle mans of huise opgetel nie. En hulle ook nie by my nie.
Is dit nie tyd dat die regte sondebokke uitgewys word nie? Dit is darem maar ‘n vreeslike lekker, skoon verskoning vir as die virus opgetel word. Ek het by familie gekuier …
Dit is goed vir jou siel om saam met familie te wees.
LikeLiked by 1 person
Dit is, Anne, en die afgelope jaar het oumense alleen doodgegaan in hospitale.
LikeLike
Familiekuiers is so kosbaar. Daar is tyd vir alles. Mens moet dit reg bestuur en jou kindertjies reg leer.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam.
LikeLike
dis erg om in restourant in te stap, te sien hoe mense plaasneem by ‘n tafel en terstond die selfone uithaal net om mekaar verder te ignoreer. ek gryp gou na my foon om foto’s te wys, maar andersins is die foon ‘n regte geselsstopper.
LikeLiked by 1 person
Ek stem so saam, Appeltjie. Geen sosiale isolering vir hulle nodig nie.
LikeLike
Christa, gelukkig weet ek jy weet dis glad nie waaroor dit gaan nie. Hoe makliker om te beheer as ons mekaar so wantrou😉. Maar stem oor selfone..🌻
LikeLiked by 1 person
Dit is dit, Virgo, ons moet mekaar wantrou.
LikeLike
Ek was nou die dag by ‘n restourant waar daar n mandjie op die tafel staan….vir die selfone. Dis die tipe plek waar almal al hoe harder moet praat om mekaar te hoor….jolig en lekker!
LikeLiked by 1 person
Ek sal beslis daar wil gaan kuier, Woordnoot.
LikeLike