Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Ek … die natgereënde hoender

La Nina is nog glad nie klaar met die koue, nat lug wat sy oor die oostelike helfte van Suid-Afrika injaag nie. Sy het die vog vir die tropiese sikloon Eloïse voorsien. Eloïse was die sewende tropiese depressie wat oor die oseaan gevorm het, die vyfde benoemde storm en die tweede tropiese sikloon van die 2020/21 seisoen. Eloïse het weens die gunstige toestande wat deur La Nina geskep word, gevorm.

Eloïse was die eerste ernstige tropiese sikloon wat Mosambiek getref het na Kenneth in 2019 groot skade berokken het. Sy het op 16 Januarie uit ‘n tropiese depressie gevorm. Op 17 Januarie het sy in ‘n tropiese sikloon verander. Sy was ‘n gemiddelde storm toe sy Madagaskar op 19 Januarie getref het, toe bou sy krag oor die Mosambiese kanaal op en teen die tyd wat sy Beira getref het, was sy ‘n ernstige kategorie 2 tropiese sikloon. Een wat vloede en oorstromimgs op 23 Januarie veroorsaak het. Tropiese storms verloor krag wanneer hulle die land tref omdat die gebied onder hulle hulle beïnvloed. Dit beweeg anders oor ‘n plat oseaan op 0 m bo seespieël as oor land met berge wat die vloei van lug beïnvloed. Dus het sy krag verloor en teen 25 Januarie was haar kragte uitgeput.

Teen die einde van Januarie, toe ons huis toe is, het ons sonskynweer in Kathu en Kuruman gehad. Maar, dit reën steeds, want La Nina sorg vir koue vogtige lug wat die land van die oostelike grens af instroom.

Op 3 Februarie het vloedwaters na baie reën oor die Noord-Kaap veroorsaak dat verskeie paaie ingetuimel het. Of liewer, daar waar brûe in die pad van nuwe strome water gestaan het. En steeds is die wolke nie uitgereën nie.

Gister is ons Kuruman toe om mediyne by Dischem te koop. En sommer ook na ons nuwe huis te gaan kyk, ons gaan daarheen trek om verskeie redes. Eerstens is die pad tussen die myn en Kuruman baie beter as die pad tussen die myn en Kathu. Daardie pad het mou heeltemal gedisintegreer en dit is ‘n baie onaangename rit wat manlief twee keer per dag moet onderneem. Tweedens is Kuruman op die pad tussen die myn en die stad. Dus hoef hy van Maart af nie meer Kathu toe te ry om my op te laai voordat ons huis toe kan gaan nie.

Ek verstaan Kuruman is ‘n berugte dorp weens inbrake en diefstal, maar dit is een ding wat mens kan bestuur. Wees bewus van jou omgewing en glo dat die Here jou sal beskerm van gevaar.

Op pad terug sien ons donker wolke aan die linkerkant van die pad. En toe ons byna in Kathu is, sien ons die grys strepe in die lug voor ons wat aandui dat die reën. Toe ons in die dorp wil indraai, waai ‘n wind rooi stof op en smyt dit teen die bakkie aan.

Ons besluit om eers by die slaghuis te stop om biltong te koop. Dit nou terwyl manlief petrol ingooi. Ek is in die slaghuis in, en toe ek die biltong bestel, hoor ons dit. Dit reën baie hard, en ek is skaars ‘n minutt in die slaghuis in.

Manlief het die petrol gelos om my te kom red, het reg voor die deur kom stop. Maar ek moes steeds die bakkie se neus se lengte van die stoep af gaan om in te kom.

En toe reën ek so nat soos ‘n hoender.

My hare was binne daardie paar tree sopwaternat. My wit bloes het aan my vasgeplak, my romp het swaar geword en ek moes seker maak dat hy bo bly. En ek moes die bakkie se deur oopkry om ‘n baie groot tree te gee om in te kom. Met ‘n pakkie in die hand, handsak oor die skouer en ‘n romp wat nie wil toelaat dat ek een massiewe tree gee nie. Ek moet eers op die yster trap en dan inklim.

Dit was fantamagories!

Heerlik, opwindend.

Ek het soos natgereënde hoender gelyk, maar my siel was verkwik. Ek het nie daaraan gedink dat ek kon gly en val as ek in die reën hardloop nie. Ook nie dat ek waarskynlik veiliger kaalvoet sou wees as op hoërige wighakke nie. Ook nie dat my skoene van leer gemaak is en gaan rek as ek dit nie dadelik uittrek nie.

Ek was in ‘n sewende hemel. Daardie een wat my ma nie toegelaat het toe ek ‘n dogtertjie was nie. Ons kon buite gaan speel, maar eers as die reën sy laaste drup gedrup het.

Die reën het teen ‘n erger spoed geval as waarteen ek my stort se water stel. En dit was ongelooflik lekker al was ek net vir ‘n kort rukkie self deel van die aarde waarop die reën uitgegiet word.

Manlief dink dit was ‘n wolkbreuk. Ek wil vandag na die reënvalsyfers kyk.

Genade van God wat sommer so vinnig uit die hemel val om hierdie aarde water nat te maak.

En ek wonder …

Waar is die planmakers van die land?

Van al hierdie water stroom reguit oseane toe. Terwyl dit opgegaar kon word vir waneer El Nino die land in ‘n wurggreep van droogte beet kry. Die nat weer is voorspel, La Nina gaan egter verby gaan. Nog ‘n kosbare geleentheid om opgaardamme gereed te kry, is verspeel.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “Ek … die natgereënde hoender

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.