Manlief het sy werk in Kazakhstan so binne die inperkings voltooi. En ons kon huis toe kom. Dit was een stresvolle week of twee, want Suid-Afrika se grense was nog toe-erig.
Lees voort “Emirates bring ons in gerief huis toe”Etiket: Qazaqstan
Laaste week in Almaty
Ek het hierdie artikel ‘n week voor ons uit Almaty is, begin tik. En so hier en daar verder daaraan gewerk. Ons is nou ‘n week en ‘n half terug in Suid-Afrika. Miskien moet ek dit net eers klaarmaak voor ek met iets anders begin.
Lees voort “Laaste week in Almaty”My lyf protesteer teen koue na Kazakhstan
Die vreemdste ding is besig om met my te gebeur. Ek kry koud in Oktober in Suid-Afrika.
Lees voort “My lyf protesteer teen koue na Kazakhstan”Eerste sneeu in Ust’-Kamenogorsk het geval
Ek gesels gister op WhatsApp met een van my vriendinne in Ust’-Kamenogorsk ala Öskemen. En word tot in my tande geskok.
Lees voort “Eerste sneeu in Ust’-Kamenogorsk het geval”‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is
Manlief het, so waar as wraggies, drie selfone – ‘n Suid-Afrikaanse een, ‘n Kazakh een waarvoor die werk ‘n sim gegee het en ‘n eie Kazakh een waarvoor hy ‘n sim gekoop het nadat hy hom so drie maande gelede bloedig vererg het [die besonderhede is vervelig, het te doen met limiete op rekenings as mense van die huis af werk, dus vertel ek nie]. Hy het net besluit dat hy sy eie foon nodig het. ‘n Kazakh ene.
Lees voort “‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is”Op pad terug na my land, Suid-Afrika
Na sewe maande van mag nie na my land teruggaan nie, kan ek nie vir jou begin vertel oor die opgewondenheid om permanent huis toe te gaan nie. En dit is uiteindelik naby.
Lees voort “Op pad terug na my land, Suid-Afrika”