Gepubliseer in Reisjoernaal

‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is

Manlief het, so waar as wraggies, drie selfone – ‘n Suid-Afrikaanse een, ‘n Kazakh een waarvoor die werk ‘n sim gegee het en ‘n eie Kazakh een waarvoor hy ‘n sim gekoop het nadat hy hom so drie maande gelede bloedig vererg het [die besonderhede is vervelig, het te doen met limiete op rekenings as mense van die huis af werk, dus vertel ek nie]. Hy het net besluit dat hy sy eie foon nodig het. ‘n Kazakh ene.

Toe is sy tolk in Öskemen saam selfoonwinkel toe. En dié foon met die privaatnommer is saam met ons as ons na ure en naweke uit die huis uit gaan. Dan is oproepe na die foon en die Suid-Afrikaanse foon aangestuur. Dat hy op al drie fone gevind kan word. Dus moes hy drie fone langs sy bed laai.

Ek het twee selfone. ‘n Khazak een waarvandaan ek in Kazakhstan kn bel. En my Suid-Afrikaanse een waarmee ek met Suid-Afrika in verbinding kan bly. Hierdie foon word egter selde gebruik. Ek hanteer net een foon. Twee maak my moeg, ek het dit aan die begin gedoen.

Soos ek gesê het, het manlief drie fone. Wat al drie gebruik word. En saans langs sy bed laai.

Vanoggend begin die fone lui. Al drie gelyk.

Onthou nou dat almal Apple fone, verskillende weergawes, maar hulle lyk soort van dieselfde omdat manlief van swart omhulsels vir sy fone hou. Die man op die myn wou met hom praat.

Hy was op pad om te gaan stort, vlieg om om te kom antwoord. Hy tel die eerste foon op waarop wys dat daar ‘n inkomende oproep is, maar daar is niks, die oproep is reeds na die tweede foon aangestuur, wat lustig begin lui. Hy antwoord egter daar ook te laat, die derde een is al weer lustig aan die gang.

En toe eers kan hy met die man op die myn gesels. Wat geduldig gewag het dat die foon van die een na die ander een oorskakel.

Teen daardie tyd lê ek soos ek lag, dit was baie, baie snaaks. Foon in die hand, ander een wat lui. Verbaasde gesigsuitdrukking.

Dit is die eerste keer wat dit gebeur.

Ek moes ek my lag sluk. Kan nie so proes as hy met die mense van die werk praat nie.

Ag, my dag is sommer volmaak as dit so vrolik begin.

Ek het sommer skoon vergeet van my slegte bui omdat ek soveel keer die nag wakker geword het met ‘n baie seer, baie droë keel. Hierdie droë lug is nie lekker vir my nie.

Min slapies, dan is ek terug waar die son amper altyd skyn. Môre-aand slaap ek in my eie bed. Die tyd het stadig verbygegaan. En tog ook vinnig. Stadig omdat ek my kinders weer wil sien en vinnig omdat ek nog werk gehad het om te doen.

Dankie, Heer! Alles verloop so glad, ons kan net in verwondering staan en kyk hoe hindernisse uit die pad gevee word. Agter die rug gelaat word. Soveel beter as wat ons self beplan het. Soveel beter.

Foto: September 2020, pragtige wolke oor ons woonstelblok in Almaty. Dit lyk soos ‘n wolkombers!

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.