Hierdie foto is op 16 Mei 2020 geneem, een van die eerste naweke nadat Kazakhstan ons weer toegelaat het om ons huise te verlaat. Kazakhstan en Suid-Afrika so saam-saam middel Maart 2020 besluit om hulle bevolkings binnenshuis te beperk om die verspreiding van die SARS-CoV-2 virus te beperk.
Lees voort “‘n Droom oomblik op Kazakhstan koppie in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen)”Etiket: Qazaqstan
Weerkaatsings op die Irtish in Öskemen
My dogter gesels nou die dag so dat party mense van berge hou en ander van die see. Ek vermoed dat ek van water hou. Soos wat hierdie foto getuig.
Lees voort “Weerkaatsings op die Irtish in Öskemen”Ons kombuis in Almaty woonstel
Ek deel nooit sommer net foto’s oor my blyplek nie, eers as ons uitgetrek het sal ek deel. Waarom weet ek nie, miskien omdat ek nie almal op die internet vertrou nie. Of dalk om kritiek te vermy?
Lees voort “Ons kombuis in Almaty woonstel”Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan
Ons het mos 18 maande lank in Ust’ Kamenogorsk of Öskemen in die noordooste van Kazakhstan gebly omdat manlief in die hoofstad van die oostelike provinsie gewerk. Naby die grens met Rusland (noord), Mongoloë (oos) en Sjina (oos). Laaste drie maande in Almaty. En vandag herinner my iPad my aan hierdie foto van ‘n spanbou.
Lees voort “Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan”Foto-storie #10
Hierdie foto sal my altyd herinner aan een van die bekommerdste tye van my lewe – die tyd toe manlief in Kazakhstan wou gaan werk.
Foto-storie #4
Hierdie foto herinner my aan een van die eerste naweke in Kazakhstan toe ons na die inperkings uit ons woonstelle kon gaan.