Anne vertel vandag in haar prettige inskrywing van die bul (bees) wat op haar stoep kom kuier het terwyl sy op vakansie in die Transkei was. En toe word ek teruggevoer na ‘n soortgelyke ervaring by Dikihlolo, so twee jaar gelede. Ek wil nou nie jou idee steel nie, maar ek moet die ene vertel.
Lees voort “As ‘n eland (ram of bul?) my uitverkies”Etiket: Persoonlik
Loutere plesier as ek en statistiek mekaar vind
Wiskunde was my gunsteling vak op skool. En ek sien op my laerskool rapporte wat so met die groot trek uit ons huis raakgepak is dat ek bykans altyd 100% daarvoor gekry het.
Lees voort “Loutere plesier as ek en statistiek mekaar vind”Afrikaans, my taal, my passie
Ek kry die idee dat ek moet verduidelik waarom ek so pro-Afrikaans is. En vasskop teen die boikot van Steve Hofmeyr se musiek.
Lees voort “Afrikaans, my taal, my passie”Ons dog ons is pro’s met ‘n trekkery …
Soos ek in die vorige inskrywing vertel het, het ons die afgelope week uit ons stadshuis getrek. Wat ek nie vertel het nie, is dat ons die huis in die mark gesit het omdat ons na ons plasie wil trek wanneer ons na Suid-Afrika terugkeer.
As kleinkinders ouma help huis oppak
Ek het my drie kleinkinders so gemis toe ons in Qazaqstan was. En hulle vir ouma ook. Daarom het hulle vir vier dae en twee oorslapies by ons gekuier, terwyl oupa en ouma huis oppak. Na amper veertien jaar in een huis. En dit was pret!
Heimweë van ‘n plaasdogter
Kreukels en plooie het ons vanuit Nieu-Zeeland uitgedaag om vandag ‘n blog te skryf. So op die wasdag. Oor een van ‘n paar woordtemas. Hier is myne, ek het die plaastema gekies. Vandag dink ek met heimweë aan my grootworddae as ‘n plaasmeisie [my pa het eers plasie by Modderfontein gehuur (geboortde tot einde standerd 4), toe plaas by Chrissiesmeer gekoop (standerd 5 en helfte van standerd 6), toe plot oorkant vendusiekrale by Ermelo gekoop (res van standerd 6 tot ek getroud is) en daarna drie plase op die Amersfoortpad gekoop (nadat ek getroud is tot hy so vyf jaar gelede afgetree het)]. My dae as plaasmeisie is egter nou verweef met my dae as die dogter van ‘n blokman en later slaghuiseienaar [my pas was eers naweke blokman vir iemand anders, het later sy eie slaghuise besit: Witbrickslaghuis op die Potchefstroompad naby Westonarea , Libanonslaghuis aan die ander kant van Westonarea (tot einde van my st 4 jaar) en Ermelo slaghuis (nadat ek getroud is)]. In die res van die vertelling onthou ek grepe uit my kinderdae, soos dit in my gedagtes opgeroep is, dae wat nou met my lewe as die kind van ‘n blokman verweef is. En die herinneringe is nie noodwendig in chronologiese volgorde nie.
Lees voort “Heimweë van ‘n plaasdogter”