Ek is vrot met die onthou van verjaarsdae. Moet ‘n oor gereeld knoop om te onthou. En daarom is verjaarsdae op my almanak.
Etiket: Miniatuur Schnauzers
BB, Shilo en Sobek gaan Noord-Kaap toe
My drie liefste 4-been kinders het geen idee wat vir hulle wag nie. BB het wel al baie ver saam met ons gereis, Wes-Kaap en Mosselbaai en Hermanus om presies te wees. Maar die ander twee se verste rit was nog rivier toe en terug, so 300 km.
Om ‘n Miniatuur Schnauzer se mensmamma te wees
Ek het hierdie artikel op 17 Junie 2017 begin skryf. Nooit klaargemaak nie, dit het in die besig-om-aan-te-werk lêer gaan lê en wag, saam met baie ander.
As ‘n woef se ma naaldwerk kan doen
Ek het al vertel dat BB my Miniatuur Schnauzer is. En dat sy babadoeke gedra het toe sy op hitte was. Om vir Nevan die Siberiese Husky van sy luste te laat vergeet. Kliek hier as jy dit nog nie gelees het nie.
Wegkruipertjie met Schnauzers
Ek het nou al ‘n paar keer geskryf oor goed wat ek doelbewus moes onderdruk om gelukkig in Kazakhstan te kan wees. Een daarvan was om my Miniatuur Schnauzers om my voete te vind. Maar veral om met hulle wegkruipertjie te speel.
Lees voort “Wegkruipertjie met Schnauzers”As BB se probleme opgelos moet word …
BB is my miniatuur Schnauzertjie; sy is so bietjie meer as tien jaar oud. As jy hier lees, sal jy verstaan hoe ek my hart styf toe mies maak terwyl ons in Kazakhstan geleef het. Om nie aan haar en my ander woefkinders te dink nie.
Lees voort “As BB se probleme opgelos moet word …”