My woewe mag nie in die huis piepie nie, dit is een ding wat sal veroorsaak dat hulle buite slaap. Al is buite vir my nie ‘n keuse nie.
Etiket: Miniatuur Schnauzers
Kragonderbreking maak ons inbrekers …
Sondagmiddag toe ons tuis kom, is ons nie lus om dadelik Spar toe te gaan nie, dus rus ons eers. So naby ses besluit manlief dit is nou of nooit, ons moet goedjies vir sy kosblik gaan koop. En, soos die gewoonte die laaste tyd is, moet ek saam.
Fotostorie #5
Hierdie foto bring die lekkerste herinneringe aan my geliefde BB op. Sy het die mooiste persoonlikheid, daarom het ek as teler geregistereer en haar laat babas kry. Twee keer. Om so haar gene voort te dra.
So, kinders, wat gebeur in my huis as ek nie hier is nie?
Ons het twee Sondae gelede gaste vir koffie gekry. Toe koop ek drie kussings – kleur iets tussen rooi en maroen – om op die bruin leerbanke te sit. En ‘n muurhorlose om daarby te pas. Om die groen van die gordyne en die bruin van die leer aan te vul.
Lees voort “So, kinders, wat gebeur in my huis as ek nie hier is nie?”
Bekka verjaar vandag …
Vanoggend praat my iMac weer met my, daar is weer iemand wat verjaar. Eintlik twee iemande, Sobek (my Bekka kind) en sy boeta Seth wat aan my seun behoort. Ek praat altyd so van my seun, maar dit is my en manlief se seun. Ons tweede helfte van ons Pigeon Pair.
Veearts het slegte nuus oor BB
Net voordat ons BB by seun gaan haal het, het skoondogter gebel. BB loop op drie bene, maar dan weer op al vier. Moet sy haar veearts toe vat?