Gepubliseer in Woefkinders

BB, Shilo en Sobek gaan Noord-Kaap toe

My drie liefste 4-been kinders het geen idee wat vir hulle wag nie. BB het wel al baie ver saam met ons gereis, Wes-Kaap en Mosselbaai en Hermanus om presies te wees. Maar die ander twee se verste rit was nog rivier toe en terug, so 300 km.

Dit is so snaaks hoe gemaklik hulle aanpas, terug by my skedule. Volg my oral, soek my wanneer hulle my nie sien nie. En natuurlik klim die tergduiweltjie in my dan uit. Kruip ek weg, net om seker te maak hulle weet ek is weer by hulle. Dan kom soek Shilo my eerste, Sobek volg soos ‘n skaduwee. BB is ongeërg, iets soos ag vaderland tog, kruip sy so wraggies weer weg?

Shilo was siekerig net voordat ons hom gaan haal het. Laas week Vrydag om presies te wees. Skoondogter het gesien, hy hou sy koppie skeef, stap na haar toe asof ‘n haar iewers trek. Ek was nie seker of hy veearts toe moet gaan nie, toe stuur sy vir my video. Ag siestog, die man het beslis ‘n pyn gehad. Ek was toe reg, oorontsteking. Hulle kry dit redelik maklik. R1 100 later is hy beter, ek dink veeartse is van die duurste mediese sorg wat mens kan kry.

BB het seer voetjie. Dink ek. Skoondogter sê sy het haar per ongeluk raakgetrap, maar nie een van ons twee kry ‘n seerplek as ons aan haar beentjie druk en voel nie. As jy het ‘n Schnauzer het, sal jy verstaan. Hulle staan mos reg onder jou voete. Ek het al goed gesukkel om balans te hou en hulle mis te trap. Ewenwel, ek dink BB het waarskynlik ‘n voetjie wat te lank nat was as gevolg van die reën. Siestog, sy hardloop op drie beentjies, hou die enetjie so in die lug. Maar wanneer sy loop, loop sy normaal. Ek vind ook dat sy op drie bene loop as sy lank gelê het, dalk lê sy die beentjie dood. Soos ekke …

Dit is nie warm by die rivier nie. Om die eerlike waarheid te sê, dit is koelerig. Tog kry die poplappe van my warm. Staan onder boom as ek stap en kyk hoe ver ek gaan. Kom eers agterna as hulle my nie kan sien nie.

Ek speel vandag met woorde of eerder sinne wat hulle verstaan. Probeer om lys te maak in my kop. Dalk moet ek sommer hier begin:

  1. Kom hier! (Gewoonlik sit hulle net bedremmeld, hulle was stout)
  2. Bly! (As hulle nie moet saamkom nie)
  3. Wat het jy gedoen?
  4. Kom bad – BB vlug dan
  5. Kom ons swem – BB vlug dan
  6. Sit dat ek jou hare droogblaas
  7. Staan
  8. Moenie op my spring nie
  9. In! (in huis in)
  10. Wag! (tot ek die kos vir almal neergesit het)
  11. Eet! (Wanneer almal kos het)
  12. Is jy dors? Blaf antwoord
  13. Is jy honger? Blaf antwoord
  14. Kom klim op (as ek op quad is)
  15. Kom ry saam
  16. Gaan ons stap? (Blaf antwoord)
  17. Moenie – vir bykans alles – op die bed spring byvoorbeeld
  18. Wil jy piepie? Blaf antwoord, in die nag as met voorpootjies teen bed kom staan
  19. Uit! (Ek sê dit min, hulle stap saam met my uit)
  20. Af! van bank of bed af
  21. Kom sit op my skoot
  22. Klim af van die stoel af (BB vat jou stoel by rivier as jy opstaan)
  23. Soek-soek! as ek bal gooi
  24. Bring! (BB weier, ek moet bal by haar gaan haal, maar sy hou my dop)
  25. Waar is pappa? BB gaan soek dan vir manlief!
  26. Hulle name, elkeen weet met wie ek praat.
  27. Wil jy dans? Sobek en Shilo dans met my
  28. Waar is boeta? Dan soek hulle ons seun
  29. Bly stil – as hulle stil moet wees
  30. Kom ons ry! (Dan hardloop hulle kar toe om ingetel te word
  31. Was jy stout?
  32. Kom saam
  33. Los die akkedis! (moeilik hoor, maar hulle tree weg)
  34. Gaan slaap (As hulle buite slaap by huis is stad)
  35. Ons is net-nou terug (as ons hulle by huis los as ons dorp toe gaan
  36. Sit! (voor ek iets vir hulle gee om te eet)
  37. As jy in die huis piepie, slaap jy buite! (Hulle luister)
  38. Op! (om op my skoot te klim as ek sit)
  39. Kom! (waarnatoe ek ook al wil gaan, hulle volg)
  40. Waar is my babas? (as hulle slaap en ek wil hulle pla, staan deur die mis op)
  41. Sies, BB (sy kry skaam)
  42. Jy is nie ‘n hond nie! (BB hou op skop soos woef as mens haar kielie)
  43. Lê stil! (BB, as sy moet lê vir doek aansit, doen dit nie meer nie, sy is reggemaak)

Voel of daar meer is, ek sal kom byvoeg soos ek onthou. Vir nou is dit ‘n formidabele woordeskat vir 4-been kinders. Kan nie ander nie, ek praat menstaal met hulle. En hulle moet verstaan wat ek sê.

O ja, Shilo gesels terug as ek met hom raas. Af! laat hom eers soos ‘n tiener brom voordat hy dit wel doen … Jongste kind is inderdaad bedorwe brokkie.

Ek kyk vandag so na hulle wat onder die boom in die koelte wag. Ek verbeel my daardie huis het geen bome nie … en die Noord-Kaap is warm. Hulle gaan egter by my in die huis wees, dus twyfel ek od die hitte hulle gaan vang.

Een bekommernis. Eintlik twee. Ek hoop daar is veerarts waar ek hulle kos kan koop, hulle is mos nou op spesiale dieet vir niere. Het genoeg geskrik toe BB se nierstene uitgehaal is. Net voor ons van Kazakhstan af gekom het. En dan hoop ek daar is ‘n Doggy Parlour wat hulle kan skeer. Anders gaan ek weer my vaardighede op die proef moet stel. En ai tog, my neus en die hare werk nie so lekker saam nie.

Probleem is dat hulle so rukkie terug geskeer is, maar dit was beslis nie ‘n goeie skeerder nie. Hulle moet reg geskeer word. Anders sal hulle maar geskeer word wanneer ons stad toe gaan. Ek sal moet kyk wat die ergste pla.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “BB, Shilo en Sobek gaan Noord-Kaap toe

  1. Ek hou van jou hondjie skrywes. Ek hoop die rit was uithoubaar vir hulle. My Dawie-hond is glad nie ‘n goeie passassier nie. Hy gooi op vir die eerste keer binne 50 minute vandat ons wegtrek. Hy wil nie eens in die bakkie klim om saam te ry na die weggooihoop nie.

    Liked by 1 person

    1. My woewe staan gereed om in te klim as ons ry. En dan slaap hulle tot ons stop, sit regop, kyk of ons gaan uitklim en kyk by die vensters uit. Blaf vir enige iemand wat naby die bakkie/motor loop. Ons reis so heerlik met hulle, miskien omdat hulle van kleinsaf elke maandeinde ingelaai is om rivier toe te gaan. ‘n Drie-uur rit. Sover ek lees en by my kinders hoor, reis Schnauzers baie maklik. Solank hulle saam met ons is, verduur hulle alles. Die rit hierheen was vier ure lank – nogal baie vir woefies. Hulle gaan nog moet wys dat hulle sewe uere ne langer kan verduur. Maar, my seun s’n het dit kersvakansie gemaklik gedoen 0- Stanger toe en terug.

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.