Ek het my hart styf toegesluit om my drie Miniatuur Schnauzers, BB, Shilo en Sobek nie vreeslik te mis toe ons in Kazakhstan gebly het nie. Hulle sou aanvanklik saam met ons oorgegaan het. Want my kinders kon nie na hulle kyk nie. En ek sou hulle nie laat uitsit omdat ek oorsee gaan bly nie.
Lees voort “My drie skaduwees … ek bedoel twee …”Etiket: Miniatuur Schnauzers
My lyf protesteer teen koue na Kazakhstan
Die vreemdste ding is besig om met my te gebeur. Ek kry koud in Oktober in Suid-Afrika.
Lees voort “My lyf protesteer teen koue na Kazakhstan”BB se nierstene moet uit – Dotsure bluf
Ek het vandag eers kans gesien om hierdie inskrywing te maak. Want my BB het ek agt maande laas gesien. En al hoe ek dit oorleef, is om nie daaraan te dink nie. Nou kan ek egter daaroor skryf, want ek weet dat ons huis toe gaan. En sommer baie, baie gou. Die Here het ons pad vir ons mooi gelyk gemaak.
Lees voort “BB se nierstene moet uit – Dotsure bluf”Sonder BB, Sobek en Shilo, my geliefde Schnauzers in Qazaqstan
My vier Miniatuur Schnauzers, BB, Shilo, Sobek en Sankie sou van die begin af saamkom Qazaqstan toe. Behalwe as my kinders kan help om hulle vir die drie jaar op te pas sodat hulle nie so ver hoef te vlieg nie.
Lees voort “Sonder BB, Sobek en Shilo, my geliefde Schnauzers in Qazaqstan”
Schnauzers is prettige troeteldiere!
Ons Schnauzerkindertjies
BB, ons eerste Miniatuur Schnauzertjie, het in 2010 ons lewens kom verryk. Ek het ver gery om haar te gaan koop, want sy is in ‘n klein dorpie in Mpumalanga gebore – Piet Retief. Sy het haar plaasmeisieskoentjies egter vinnig uitgeskop.