Toe ek my Thermomix twee jaar gelede gekoop het, wou die baie irriterende verkoopsvrou ‘n Cookkey aan my verkoop.
Etiket: kosmaak
Ons eie wors in Qazaqstan
Ek het al vertel dat my pa eers ‘n blokman was en later sy eie slaghuise besit het. Ek het ook vertel dat ons basies in slaghuise grootgeword het. Want ons kinders is nooit alleen gelos nie. Waar my ouers was, daar was ons.
Lees voort “Ons eie wors in Qazaqstan”Koekbak is ‘n affêre in Qazaqstan
My kinders sal daarvan kan getuig, ek is nie ‘n koekbakster nie. Toe hulle klein was, het ek koekiesbakdae beperk.
Vleiskoop in Qazaqstan is uitdagend
Vleiskoop is van dag een af ‘n uitdaging in Öskemen blykbaar ook in die res van Qazaqstan. Hier is nie slaghuise soos in Suid-Afrika nie, vleis word op markte aangekoop. En dit is ‘n anderste belewenis.
Kos om te vermy
Ek het die afgelope paar dae hewig gesukkel met opgeblaasdheid, moegheid en ‘n algehele gevoel van lusteloosheid. Daarom is ek besig om ‘n lys te maak van kos wat ek moet vermy.