Gepubliseer in Reisjoernaal

Skrik ek my koud vir ‘n boer by die Green Bazaar in Almaty

So vertel die gids Vrydag vir my dat ek Saterdae en Sondae tussen 6 en 8 na die mark moet gaan. Om groente en vrugte direk by die boere te koop.

Aangesien die groen mark weereens naweke toe moet wees, ry ons Saterdagoggend so teen 9 daarheen, om te kyk of die boere daar is. Dat ek ook so kan ervaar en koop, al is dit net die een keer. Om vars appels te koop.

Ons het op lekker plek gestop, oorgestap en die boere het in die parkeerarea gestaan. Of is nou eerder die aflaai area?

Ouerige motors om die groente en vrugte in te vervoer. Kattebakke oop. Of caddy-agtige trokkies met die agterdeure oop.

En soos wat mens verbystap, kan jy by die eerste groepe in die kattebak kyk en besluit of jy wil koop. Ek sou nog wou, toe sien ek die geslagte hoenders, oop en bloot, pootjies nog aan. Met vuil eiers langsaan (sien foto onder). So kan ek nie my hoenders en eiers koop nie.

Ek het nie probleem met vuil eiers nie, ek het op plaas grootgeword. So lyk eiers wat van die hoenders se nes afkom. Hulle was dit nie gou voor ek uit die nes vat nie. Tog kon ek dit nie koop nie, die wittes met die pienk merke op in die winkels is skoon. En ek koop dan maar liewer daar.

Laer af staan boere en boerinne by trollies, verkoop die groente en vrugte so. Sommiges het selfs ‘n skaal om af te meet.

In die een kattebak was room en kaas, volgens die vrou. Ek het nie nader gestaan om te kyk nie. Dit is produkte wat nie afgewas kan word nie, ek moet weet hoe en waar dit gemaak is. So sal ek nie koop nie.

Ons stap steeds verby, om die hoek na waar die stalletjies van die mark self is. Daar is enkele tafels met appels, frambose, druiwe en perskes. En ek besluit om by die een vrou te koop. Ses appels en ses perskes vir die week.

Toe moet ons terug. Ek soek aartappels, myne is klaar en die wat ek in die supermarkte koop word te gou oud.

By die een trollie koop ek komkommers en stap weer verder.

En toe sien ek ‘n trollie met enkele aartappels oor. Ons is laat, dit is naby 10 en die boere is besig om skoon te maak om te gaan. Hulle vee selfs die paaie waar hulle motors gestaan het.

Daar staan mense by die trollie en ek vra ‘n sakkie vir die aartappels. Hy gee ‘n verfrommelde een aan. Ek vat dit maar en kies vir my drie mooies om in die sakkie te sit.

Hy vat handevol en prop dit in die sakkie wat ek oophou. Vrottes tussenin.

Ek sit my hand in die sakkie om die vrotte uit te haal en toe ontplof die man.

Ek weet nie waarom nie, ek koop my vrugte by alle stalletjies so. Die afgelope jaar en half.

Hulle gee sakkie, ek kies, hulle weeg en ek betaal.

Hy gryp die sakkie so vinnig uit my hand dat ek hom teen my voel stamp. Raas Neto (Nee!) en tiep dit om en gooi die aartappels uit.

Almal staan verstom.

Ek het my asvaal geskrik, maar vir die ongeskikte boer sien ek nie kans nie. Hy praat iets, maar ek en manlief hoor niks. Ons is reeds so twee karre verder.

Manlief brom onderlangs dat ons nie verleë oor sy aartappels is nie, ons kan dit teen goeie prys in die supermark ook koop. Net gedink ons ondersteun die man, die supermark laai die prys.

Eers by die kar voel ek weer gemaklik. En sweer my hart het vir ‘n hele ruk te vinnig geklop.

Ons ken die stadsmense, die vrouens by die mark wat soveel moeite doen dat ons hulle vrugte en groente koop.

En toe lag ons. Hard en lekker.

Want ek het my asvaal geskrik.

Later die middag het ek steeds gevoel hoe die adrenalien pomp. As ek aan die voorval dink.

Hierdie boer het my lus om direk by die boere te koop, geblus. En dit is jammer, want hulle staan oral langs die pad by stalletjies om hulle produkte te verkoop.

Amper soos op pad na Harties toe. Of soos dit langs die paaie gelyk het toe ek nog klein was as ons see toe gaan.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

16 gedagtes oor “Skrik ek my koud vir ‘n boer by die Green Bazaar in Almaty

  1. Daar moes iets in die man se lewe gebeur het – of nog steeds aangaan – om so te reageer – klink asof hy erg gefrustreerd was – dalk met al die mense of mense wat goed nie wil koop nie, maar wat ookal in sy lewe aangaan, daar is geen rede om dit op ander uit te haal op so ‘n manier nie. Geen dankbaarheid van sy kant af nie. Ek sou ook so gevoel en gereageer het – ek is ook nie onbeskofde mense gewoond nie en dit sou vir my net so ‘n ‘ervaring’ wees as dit met my moes gebeur het! Arme jy!

    Liked by 1 person

    1. Nikita, dit was net te skielik en te naby aan my. Ek neem aan ek het skielik besef ek is in ‘n vreemde land. Op ‘n plek waar ek dalk nie moet wees nie. Maar ja, ek dink die man was gedaan na ‘n oggend van sukkel met klant wat wil kies. Ek koop net nie vrot goed nie, wat moet ek darmee maak? Dankie vir die empatie.

      Liked by 1 person

  2. Ons is so pas terug van ons buurdorpie – waar ons voorheen gebly het en daar was ook nou vandag straatmark – ek het so paar foto’s geneem en sal later vandag ‘n inskrywing maak. Ek het die oulikste uiltjies gekoop – een van my gunsteling vo-els (tarentaal die ander). Ek is dol oor uile en kan nie se hoeveel ek al het nie. 🙂

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.