Maggi maak van my ‘n bobaaskok in Almaty

Ek het al vertel dat die beesvleis hier baie taai kan wees. Ook dat die HR bestuurderes my geneem het om te sien hoe mens vleis op die mark koop. En toe ek vra hoe mens die twee snitte gaarmaak, het sy my verras aangekyk en geantwoord: Jy kook dit vir ses ure.

Ek het die snitte egter so bekyk en so bevoel en ek kon sagte vleis uit my ronde snitte sny. As my Victiknox messie daardeur gaan, is dit dag genoeg vir sosaties. Indien nie, word dit wors of maalvleis dat dit sag gemaal word.

Maar, mens is soms lus vir ‘n stuk kookvleis. En ek sien nie kans om ‘n pot die hele tyd dop te hou dat dit nie aanbrand nie. En toe ontdek ek iets wonderliks op die rakke. Die Maggi pakkies met die speserye vir spesifieke kos.

Want sien, mens kan ook nie die speserye koop soos wat ons in SA ken nie. Dit is anders. Maggi meng die bestanddele egter perfek, om elke keer ‘n heerlike gereg te maak. Soos ek in SA ken.

Ek het die sakkies in SA gekoop, maar die plastiese sakkie daarbinne waarin die vleis gesit moet word, nooit vertrou nie. Dus het ek die speserye gebruik, maar nie die sakkies nie.

Ek het al vertel hoe ek toe nou die dag met die vertaalltoep gewerk het om te verstaan hoe om die sakkies te gebruik. En daarna maak ek elke gereg wat kooktyd nodig het in die sakkies.

Ek was verras dat baie van my vriendinne nie die sakkies ken of gebruik nie, net soos ek het hulle begin kok kook voordat die sakkies op die mark gekom het. Hier kan ek die sakkies selfs op ‘n rol koop en sny om die grootte van my stuk vleis te pas.

En, eie aan my persoonlikheid, speel ek met die sakkies, ek volg nie instruksies tot op die laaste letter nie. As die kreatwiewe kant eers inspring, verander ek aan resepte soos dit my pas.

So maak ek:

Stel oond op 180 grade Celsius en laat dit warm word terwyl jy die vleisgereg voorberei.

Sny die Maggi sakkie oop en maak die sakkie wat agter die geel blokkie is, oop. Die vleis word in hierdie sakkie gestoom.

Gooi die speserye wat in die onderste deel van die Maggi sakkie is in die sakkie waarin die vleis gaargemaak sal word.

Haal die vleis uit die vrieskas en sit dit ook in die sakkie, net so bevrore, dit hoef nie ontvries te word nie.

Skil aartappels, wortels, beet en uie en sny in groterige skywe of blokke en sit dit ook in die sakkie by die vleis en spesreye.

Voeg bevrore groente by indien verkies.

Geen vloeistowwe word bygevoeg nie, die vleis word in sy eie sous gaar in die sakkie.

Knoop die sakkie bo toe (hulle gee ‘n plastiese strokie om toe te maak, ek verkies die knoop.

Ek steek ook nie gaatjies in die plastiese sakkie met die vleis in nie, dit hou die stoom binne en dan kan ek die sakkie in die oond omdraai as ek wil.

Sit die sakkie met vleis en groente in ‘n oondbak in die oond en laat dit so staan en gaar word vir ongeveer 5-6 ure. Afhangende van die dikte van die vleis wat jy gebruik het.

My voorbeeld hier is hoender wat met die kerriehoender speserye gemaak. is.

Haal uit die oond, sny versigtig oop om nie te brand nie, keer die inhoud van die sakkie in ‘n opdienbak in en bedien met rys. soos jy kan sien, is daar genoeg sous in die bak vir die rys, sonder dat ek sous moes maak.

Geniet!

Ek het al die volgende probeer:

  • Die ribsakkie, met twee dik skywe beesrib. Dit was verby lekker, die vleis was heerlik sag en manlief is juis so lief en fitterig oor kookvleis. Nou doen ek dit sonder moeite.
  • Kerriehoender, dit was heerlik. Beide met hoenderstukke en met hoender fillets soos in die foto hier bo.
  • Groente, en dit het my juis op die idee gebring om die groente sommer saam met die vleis gaar te maak. Die groente behou hulle smaak.

As jy dit ook gebruik en nog voorstelle kan maak, doen gerus. Anders sal ek graag wil hoor as jy dit ook probeer het.

Geen ‘stadige koker’ nodig nie, net ‘n plastiese sakkie en die oond. Om heerlike, sagte kookvleis op te dis.

12 gedagtes oor “Maggi maak van my ‘n bobaaskok in Almaty

  1. Ek wonder of n mens dit is SA ook kry? Ek sal moet gaan soek. Ek doen batuurlik dueselfse( vleis en groente in 1 bak) in oond. Met kasserol se deksel op gooi ek ook geen water by nie. Lekker!

    Liked by 2 people

  2. Ek wil dit beslis probeer. Kan ons ook die ou baksakkies probeer en dalk ons eie geurmiddels insit? Ek sal knoffel en Steak and Chops speserye probeer. My kinders hou weer daarvan om Balsamic by beesvleis te gooi. Watter beessnitte beveel jy aan Christa?

    Liked by 2 people

    1. Gedigte, as ek in Suid-Afrika is, gaan ek beslis my eie speserye probeer. Hier is dit onmoontlik, ek kry nie speserye vir my goed nie. Ek is nie seker hoe baksakkies lyk nie, Seegogga het ook van baksakkies gepraat. Maar ek kan raai dat dit gebruik kan word as dit baksakkies is. Ek het nooit daarmee gespeel nie, dus ken ek dit ongelukkig nie.

      Enige vleis. Ek het hoenderstukkies met vel probeer, hoenderfillets en beesrib, dit was seker so 5 cm dik en dit het perfek sag gekook. Ek sal vark- en skaaprib wil probeer. Dit is so lekker om die groot stukke groente so saam gaar te maak. Ek het baie bederf geraak.

      Liked by 1 person

  3. Maggies dit klink nou sommer baie smaakvol…met die heerlike kosreuk wat die lug van die vertrek volmaak as die oond se vensterdeur oopgemaak word. Dankie dat jy die resep deel… ek gaan hom eendag probeer. Groete.

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.