Gister middag bel skoondogter, kan ma asseblief gou na kleinseun kom kyk, ek moet ingaan werk toe. Sy werk al sedert die eerste inperkings van die huis af, kleinseun is een gelukkige kind. Daarom kan die inperkings vir hierdie ouma-hart maar vir altyd aanhou.
Lees voort “Bloedstollende oomblikke as ek kleinseun oppas”Etiket: kleinkinders
My iPad laat my erg verlang
My dogter, skoonseun en die drie oudste kleinkinders het middel Julie Kaap toe getrek. Wes-Kaap, Stilbaai se area. En nou geniet my iPad dit om my elke liewe dag aan hulle te herinner. Asof ek sal vergeet?
Lees voort “My iPad laat my erg verlang”Ek kyk vir ouma se boude …
San, een van my blogvriendinne, vra dat ons skattighede van ons kleinkinders deel, die meeste van my bligvriendinne is reeds oumas. Daar is soveel skattighede, ek het geen idee waar om te begin en wat om te kies nie. Ek is darem al tien jaar ouma en met vier seuntjies is daar baie skattighede.
Lees voort “Ek kyk vir ouma se boude …”Ek is sowaar as vlermuis geklee …
So blaai ek vanoggend deur my foto’s. Om vir die eerste keer verras te word deur die feit dat ek al in vlermuis klere geparadeer het. Ek, die vrou wat vlermuise met ‘n passie haat … Ek het al vertel waarom …
Lees voort “Ek is sowaar as vlermuis geklee …”My Shilo Schnauzer is nie meer Shy-lo nie …
Ek het al vertel dat ek Rogz harnasse vir my woefkinders gekoop het. En dat dit my ‘n arm en ‘n been gekos het. Maar die harnasse is pragtig pragtig en beslis duursaam. Die knippe het selfs ingeboude slotjies en natuurlik ‘n handvatsel soos ‘n tas.
Kleinkindjie en die Miniatuur Schnauzers
Ons kleinkinders word met Miniatuur Schnauzers groot. Dollatjie het Katryn gehad voordat oudste kleinkind ‘n vonkel in hulle oë was. En toe koop ouma vir BB, en teel vir Bekka en Seth eerste en Sankie en Shilo tweede. Daar was vir baie lank vyf Schnauzers in ouma se huis.