Ons kleinkinders word met Miniatuur Schnauzers groot. Dollatjie het Katryn gehad voordat oudste kleinkind ‘n vonkel in hulle oë was. En toe koop ouma vir BB, en teel vir Bekka en Seth eerste en Sankie en Shilo tweede. Daar was vir baie lank vyf Schnauzers in ouma se huis.
As die kleinseuns kom kuier, het hulle Katryn saamgebring. En dan speel ses Schnauzers om ons huis. Myne was aan die begin geskok toe hulle die mini-me’s sien, hulle het nie geweet mense kom in sulke klein verpakkings ook nie. Seth het, toe seun getroud is, by hom gaan bly. En Sankie is af Struisbaai toe om my vriendin se seun gelukkig te maak.
Dus het ek drie Schnauzers. En die naweek het ek vier gehad, want Seth en die kat het sam met seun, skoondogter en kleinseun kom kuier. Hulle het met oupa gereël en dit vir my vir verrassing gelos. Wat ‘n heerlike verrassing, ek was baie af toe manlief die naweek moes werk.
Iedergeval, my woewe het by seun gebly toe ons in Kazakhstan gebly het. Dus het kleinseun met hulle om sy ma se voete grootgeword. Behalwe dat hulle daar buite geslaap het. Hier slaap hulle in ons kamer.
Op pad hierheen het Seth by die passassiersitplek se voete geslaap, op sy kussing. En die kat op die sitplek, in sy mandjie. Daai kat kan mens nie vertrou nie, as hy kans kry, is hy uit. Baba agter links en mamma agter pappa. Die gesin bestaan klaar uit vyf, maar ons hoop op nog ‘n mensekindjie of twee.
Net soos my Schnauzers, reis Seth maklik. As mens stop, weet hy hy moet piepie, want die rit kan nog ‘n rukkie duur.
Kleinkind het die naweek baie met die woewe gespeel.
Hy is net so groot soos hulle as hy kruip, kan jy dit nou oorvertel. Al die woewe het geweet dit is mini-me – en as hulle aan hom raak, raak hulle aan ons. Dus het hulle saamgespeel, al speel baba nie noodwendig sag nie.
Hy maak sulke babageluidjies en dan kruip hy agter hulle aan. As hulle sit, knyp hy die rugvelletjies vas om teen hulle op te staan. Myne is gewoond daaraan, ek masseer hulle so. En dan lê hy vir die eerste keer waarvan sy mamma weet, sy koppie teen hulle lyfies as hy gaan sit. So asof hy hulle liefie.
En as niemand dit verwag nie, kry hy ‘n stert in die hande en trek vir al wat hy kan. Mens sal sweer hy dink dit behoort af te wees. En die Schnauzers? Hulle kyk vir ons met gesiggies wat vra: Help asseblief tog! Ek keer by ko–ies en mamma of pappa maak handjie los by die stert. En baba? Baba lag sy oopbeklaggie, geen trane omdat hy moet laat los nie.
Seker maar omdat hy mamma se hare ook trek. En dan word die handjies losgemaak. Hy is mal oor hare. En haretrek. Trek dat die gesiggie eintlik so staan om sy deursettingsvermoë aan te jaag. Ek geniet die hare spelery, behalwe as die armpie trekkrag gekry het. Dan raak dit seer.
Saans kry almal saam kos. Dit is nou die Schnauzers. Hulle moet sit en wag, dan kan hulle gaan eet. Voordat hulle by die bakke is, is baba by die bakke. Speel met sy vingers deur die kos en dan moet die bak omgetiep word dat pilletjies oor die vloer versprei. Hy uh..uh net en wys met sy vinegrtjie. Dan eet die een wie se kos oor die vloer gestrooi is, maar van die vloer af.
Ek probeer met kom ons bêre, maar daar is nog drie bakke om te tiep. Onder ouma se wakende ook, ek sit sommer plat op die stoep. Nevan, my Husky, sou nie sulke dinge van kabouters gevat het nie. Nie eens ek het gewaag om aan sy kos te vat as hy eet nie. Sy blou oë het gewaarsku. Myne!
Sodra hy by die volgende bak kom, het hy sy handjie in die bak gesteek. Met ‘n Schnauzer baard wat in die bak hang om die kos te probeer beskerm. Die bekke het ook teen die handjie in die bak gedruk, maar hulle moes op om te kou en dan is die bak woeps-waps omgetiep.
Op pad na die volgende bak. Selfde storie, tot almal getiep is. En ouma van een kant af die pille weer in die bakkies gooi.
Ons moes die Schnauzers buite sit as hy eet. Want sodra hy hulle sien, gooi hy sy kos vir hulle. En dan lag hy oopbekkie met die een tandjie wat so entjie uitsteek. Hulle maak sy dag as hulle so skarrel om sy kos te eet. Bekka was natuurlik siek daarvn, want hy het ‘n groot kasie geërf toe baba uitdeel. Bekka is my vraat, hy kou nie, hy sluk, daar is nog waar dit vandaan kom. Hoop hy.
Speel ons buite, moet ek staan en kyk hoe baba kruip en trappies op en af klim. Hy is nou op daardie stadium. Te oulik hoe hy aanhou om dit te speel. Want sien, sit mag ek nie. As ek sit, is Shilo bo-oor my. Dit is sy mamma, en dan volg Bekka. BB is nie veel gepla nie, sy het heeltemal te veel aandag na haar sin gekry toe sy baba was.
Ek kyk vanoggend na my foto’s van die naweek, sjoe, ek het nie baie geneem nie. Want baba oppas is ‘n voltydse werkie, hy is nou hier en dan is hy weg. En hy hou van gevaarlike speelgoed. Ouma se laaie wat vingertjies kan knyp, deure wat vingertjies kan vasslaan. Hy weet ook gou waarom versigtig te wees. En natuurlik pak hy kaste uit. Ons het gou gewys waar hy kan uitpak en waar liewerste nie.
Op een van die foto’tjies lyk dit of kleinseun resies met die Schnauzers wil speel. Hulle weet dit net nie …
Gister wou ek nie kamer regtrek waar hulle geslapies het nie, net om die gevoel van by my wees so bierjie langer te hou.
Vanoggend is die Schnauzers soos die hele naweek om my voete. Probeer nie oral op my klim nie, want die kompetisie is weg. En toe kry hulle koekies vir mooi gedrag. Ek het ook sommer vir hulle Rogz leibande en harnasse bestel. Want vierbeenkinders wat so mooi met my kleinkind speel, mag bederf word.
Dit klink soos die beste paasnaweek – hoe wonderlik om saam met familie te wees!
LikeLiked by 1 person
Dit was die beste, Anne, ek het glad nie verwag dat die kinders so ver sou ry nie.
LikeLiked by 1 person
Ons familie se snautzers kruip weg vir die klein willewragtag uit Linz,Oostenryk.
LikeLiked by 1 person
Myne lief die kleinkind van ons.
LikeLike
Dis lekket as hul so goed klaarkom. Trompie vertrou die lawaai wat Bea mask gladnie. Nou is daar n tweede kleintjie wat al agter hom wil aan kruip. Van moedeloosheid sou hy graag op my skoot wou sit. Hy is n regte banggat as dit by kindertjies kom.
LikeLiked by 1 person
Myne was aanvnklik so, maar teen die tyd wat oudste kleinkind 10 is, het hulle mooi geleer. As hulle by my wil wees, moet hulle my kleinkinders se maatjies wees.
LikeLiked by 1 person
Lekker ouma gespeel nè! Dit is so lekker as die kleintjies en die diere mooi saamspeel! Ek weet hoe dit voel as die kinders ry. Daar is dan al ‘n klip in my keel. Dit is wonderlik, wonderlik dat jou kinders jou so kom bederf het. Hoed in die lug vir hulle! 👏👏👏
LikeLiked by 1 person
Dankie, San, dit was absoluut heerlik om hulle te sien. Lief hulle baie.
LikeLike
En die ou kleintjie is té pragtig. So liefdevol met die woef! Oulike dingetjie.
LikeLiked by 1 person
Hy is San, hy is gek oor honde.
LikeLike
👏👏👏 Ouma se gene wys!
LikeLiked by 1 person
En pappa s’n. Mamma is ook hondeliefhebber.
LikeLike
My soort mense!👏👏👏
LikeLiked by 1 person
Dankie vriendin.
LikeLike
Ons yorkie speel net so mooi met die kleinkindbabas. Lekker om dit te sien
LikeLiked by 1 person
Dit is beslis. Mens is maar bekommerd as die Schnauzers so groot soos die baba is.
LikeLike
Jou honde-stories is regtig oulik. Hierdie klompie van ons lek die kleintjies om
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Positief, hulle is so na aan my hart.
LikeLiked by 1 person