Ek was die afgelope tien dae baie stil. Want manlief het vir eers alleen na ‘n dorp ver van hier gegaan. Om daar op die myn te werk. En vir ons blyplek te kry. Ek moes eers alleen agterbly.
Etiket: kleinkinders
‘n Babaseuntjie is vir ons gebore
Vanmiddag net na middagete is ‘n nuwe babatjie vir ons gebore. Eerste enetjie aan seun se kant, dra sy pa en sy oupa se naam. Ons vierde kleinkind, almal seunskinders.
As kleinkinders ouma help huis oppak
Ek het my drie kleinkinders so gemis toe ons in Qazaqstan was. En hulle vir ouma ook. Daarom het hulle vir vier dae en twee oorslapies by ons gekuier, terwyl oupa en ouma huis oppak. Na amper veertien jaar in een huis. En dit was pret!
Kleinkindpret by Sun City
Lief my kleinkindseuntjies baie!
Gister wil ek so bietjie op die Lazy River by Sun City se opblaasbande ry, maar sien nie kans om dit alleen dit alleen aan te pak nie. Dollatjie se oudste en middelste speel te lekker by die glybane en wil nie saam nie. Toe beraam ek maar ‘n plan.
Ek, Sun City en my kinders se 30ste verjaarsdae
Ek sal my twee kinders se 30ste verjaarsdae nooit vergeet nie. Nie net omdat hulle my kinders is nie, maar ook omdat beide by Sun City gevier is en beide my hart amper laat gaan staan het weens die teenwoordigheid van ‘n aap of ‘n bobbejaan wat dit te naby na my smaak aan my gewaag het.
Lees voort “Ek, Sun City en my kinders se 30ste verjaarsdae”