My dogter, skoonseun en die drie oudste kleinkinders het middel Julie Kaap toe getrek. Wes-Kaap, Stilbaai se area. En nou geniet my iPad dit om my elke liewe dag aan hulle te herinner. Asof ek sal vergeet?
Hierdie foto is in 2015 geneem toe haar middelste nog babatjie was. Hy is nou in graad 1. En hy is baie, baie lief vir ouma en oupa. Veral vir ouma. Maar oupa weet hoe om hulle aandag te trek …
Dit was by die kleuterskool se sportdag en ons het gaan kyk hoe ouboet aan alles deelneem. En natuurlik pa en ma aan die aflosse vir mans en dames.
Die atletiekdag was groot pret. Die ouers het stalletjies opgemaak en volgens die temas van hulle stalletjies aangetrek. Ouma en oupa het gekyk en pop gespeel met ons toe nuutste toevoeging tot die uitbreidende gesin.
Vandag het ek vier kleinkinders, terg so nou en dan vir seun dat hy nie alleenkind kan groot maak nie.
Tans is mens maar eerder versigtig met babakry, hospitale is nie die plekke waar ons wil wees nie. Buitendien, dit gaan aaklig wees as ons die babatjie nie in die hospitaal kan gaan besoek om te vertel van hierdie ouma en oupa nie …
Buitendien.
Ons jongste kleinkind is gebore toe die land net in vlak 5 inperkings ingegaan het. En terwyl ons oorsee vasgekeer was. Hy is dus nog jonk, daar is baie tyd vir nog kleinkinders.
Te lekker om met kleinkinders te speel! Weet hoe dit voel om hulle te mis!
LikeLiked by 2 people
Ai Alettta, mens kan dit nie eintlik verduidelik nie.
LikeLiked by 1 person
Dis waar😊💕
LikeLiked by 1 person
Ons het ook vier kleinkinders van twee van ons drie kinders. Ek is baie lief vir hulle en hou daarvan om die lewe deur hulle perspektief te sien.
LikeLiked by 2 people
Dit is soos om ‘n nuwe wonderwêreld te ontdek.
LikeLiked by 2 people
So ń mooi foto van julle.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie, Una.
LikeLike
Die foto spreek boekdele,ouma Christa♥️
LikeLiked by 2 people
Dankie Letty-Ann. Wat lees jy alles?
LikeLike
Ek lees ‘n band van liefde, humor en belangstelling.
LikeLiked by 2 people
Inderdaad, baie liefde en belangstelling.
LikeLiked by 1 person
🥳
LikeLike
Kleinkinders is darem maar lekker! Vier van ons ses kleinkinders woon permanent oorsee. Mens verlang jou dood! Geniet jou kleingoed, hulle word heeltemaal te gou groot.
LikeLiked by 2 people
Dankie, vir die saamgesels. Dit is waar. Ek sou my doodverlang. Want hoe ouer mens word hoe minder sou mens kon bekostig om te gaan kuier. Nou kan oupa en ouma darem ry as vliegtuie op die grond bly.
LikeLiked by 1 person
So ‘n mooi skrywe en foto. Geniet jou geliefdes!
LikeLiked by 2 people
Dankie liewe vriendin
LikeLike
Kleinkinders is so spesiaal. Oupa en Ouma sal in die kaap moet kom kuier
LikeLiked by 2 people
Sal net moet, dankie Seegogga.
LikeLike
Baie kosbaar! Ons eerste (en enigste sover) is net na die begin van die pandemie gebore. Tuis geboorte ook.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, Nikita, so jy ken daardie kommer. Geboortedatum? Ons s’n is 31 Maart 2020.
LikeLiked by 1 person
26 Mei 🙂
LikeLiked by 1 person
Dit was toe alles nog so verskriklik erg gemaak was. Mens het in doodsvrees gelewe.
LikeLiked by 1 person