In Kazahstan stap die mense oralheen. En daar bly die kinders nie in ongure weer by die huis nie, daar is daar mos oplossings daarvoor.
Lees voort “Reënjassie vir waentjie ala Kazakhstan”Etiket: kleinkinders
Kleinkindpret: No! No! Pak gee nie!
Het ek al vertel dat kleinseun Engels net so goed soos Afrikaans kan praat? Wel verlede week het ek heerlik vir die mannetjie gelag.
Lees voort “Kleinkindpret: No! No! Pak gee nie!”Myne Steyne
Kleinseun het onlangs by ‘n maatjie waar hulle gekuier het van myne geleer. En nou myne hy sommer baie goed, sommiges myne ook. Soos my peperduur iPad, wat ek nie sommer net gee om mee te speel nie. Ek weet nie of ek ooit weer een sal kan bekostig nie
Lees voort “Myne Steyne”Solly Ouma, ek spoeg eie(r)
Ek maak elke oggend vir kleinseun ‘n opgerolde eier omelet. Dan sit ek ‘n deksel oor sy bordjie dat dit kan afkoel en warm bly tot hy hier kom. Hy sit dan by die tafel op die stoep (toegebou), kyk sy storie en eet sy eier.
Lees voort “Solly Ouma, ek spoeg eie(r)”Sopkoud …
Ek het geweet hierdie titel gaan jou aandag trek. Want glo my vry, ek was self hoogs beïndruk met kleinkind se woordskeppings …
Lees voort “Sopkoud …”Blouvaal …
Kleinseun is besig om die taal teen die spoed van weerlig aan te leer. En daarmee saam maak hy sy eie woorde … En ek kan nie help om erg beïndruk te wees nie.
Lees voort “Blouvaal …”