Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: No! No! Pak gee nie!

Het ek al vertel dat kleinseun Engels net so goed soos Afrikaans kan praat? Wel verlede week het ek heerlik vir die mannetjie gelag.

Oupa, pappa en mamma is iewers elders in die huis. En hy staan by my by die koffietafel in die TV-kamer. Met die boudjies so mooi in die lug.

En ek kon net nie anders nie, ek tik hom toe so liggies op die doek. Om sy aandag te kry. Want as hy ‘n storie kyk of besig is, kan niks sy aandag steel nie.

Daarmee het ek sommer sy aandag gekry. En almal in die huis, want hulle was op pad na ons twee toe.

Met twee vingertjies swaaiend in die lug, laat hy hoor:

No! No! No! Nie boud pak gee nie!

Ek het so lekker daaroor gelag. Want almal wou weet wat gebeur het. En dit is een ding wat ek nooit sal doen nie – aan my kleinkinders slaan.

As hulle so stout is dat ek dink dat ‘n pak nodig is, gee ek hulle eerder vir hulle ouers terug.

Buitendien, ek vermoed dit is een ding wat ek nie vergewe sal word nie. Want ek het my ouers nie vergewe nie.

Hulle het so lank aangehou dat die kinders by hulle op die plaas moet kuier. ‘n Hele vyf ure weg van Welkom. In Ermelo. Toe was plaasmoorde nie ‘n realiteit nie. En was dit veilig om op ‘n plaas te bly.

Ek wou nie byt nie. Vakansies was my spesiale tyd met my kinders. Omdat ek self skoolgehou het. Dus het ek hulle met ‘n swaar hart laat gaan.

Die tweede aand bel ek en die kinders is baie hartseer. Oupa het seun pak gegee. Hy het blykbaar by ‘n vuur uit die bakkie geklim. En oupa het seker groot geskrik. Maar dit het my ontstel. Dat my seuntjie pak by sy oupa gekry het.

Ek het die volgende oggend baie vroeg in die pad geval. En toe hulle weer sien, is ek op die plaas. Om my kinders huis toe te bring.

Daarna het my susters my gereeld verwyt omdat my kinders nie alleen op die plaas kuier nie. En ek het net geantwoord:

As my kinders so stout is dat ‘n oupa of ouma pak moet gee, mag hulle eers weer gaan kuier as hulle soet is …

Kleinseun kry blykbaar wel pak as dit noodsaaklik is. Maar ek wil dit nie weet nie. En hy mag ook nie voor my pak kry nie. Net soos dollatjie ook nie haar seuns voor my mag pak gee nie.

Ek is nie teen pak nie.

My kinders het pak gekry as hulle baie stout was. Dollatjie eerder omdat sy teruggepraat het.

Maar, ek sal nie aan my kleinkinders slaan nie.

Oumas gee liefde, nie pak nie.

Buitendien, ek het die nare gevoel dat seun en dollatjie my voorbeeld sal volg. En die kleinkinders nie weer alleen by my sal los as ek aan hulle slaan nie. En dit sal my hart in duisend stukkies breek ….

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

2 gedagtes oor “Kleinkindpret: No! No! Pak gee nie!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.