Ek maak elke oggend vir kleinseun ‘n opgerolde eier omelet. Dan sit ek ‘n deksel oor sy bordjie dat dit kan afkoel en warm bly tot hy hier kom. Hy sit dan by die tafel op die stoep (toegebou), kyk sy storie en eet sy eier.
Gisteroggend laai seun hom af en sê dat die mannetjie kwaai is.
Ons sit hom by die tafel neer, Blippie op die skerm van sy eie TV op die stoep. Toe seun ry, gaan ek gou kombuis toe om vir hom koeldrank in te gooi. En toe roep hy my benoud:
Ouma, Ouma!!!!
Als lyk reg, want ek kan hom vanuit die kombuis dophou. Hy sit op sy plek, halwe omelet in die handjie. Dus antwoord ek dat ek kom, gooi die koeldrank eers in en toe gaan ek na hom toe.
Voor hom op die tafel lê die eier wat geëet is, ook op die vloer en op sy kleertjies. Hy het naar geword!
En hy sê:
Solly (sorry) Ouma , ek eie(r) spoeg!
Ag siestog, hy het nie gespoeg nie. Hy was naar, maar hy ken die woord en gevoel nog nie. Hy was nog net een keer tevore naar!
My hart het sommer weereens gesmelt. Geen vloermoer, geen kwaad, geen geskree. Hy vra sowaar om verskoning vir iets waaraan hy niks kan doen nie.
Ek praat saggies en sê ek gaan net gou ‘n lappie haal om skoon te maak terwyl ek die meeste van die eier van sy kleetjies afskud. Toe gaan haal ek die lappie om sy gesiggie, handjies en die tafel skoon te maak.
Toe vra ek of hy OK is.
En die antwoord:
I am OK!
Ek is verskriklik beïndruk met die leer wat plaasvind terwyl hy na sy kinderstories (Engels) kyk. Een daarvan gaan oor maniere waarop kinders seerkry.
Val en knie stukkend, val en dan is handjies seer geval.
En elke keer word ‘n pleistertjie opgeplak, en sing-praat die karaktertjie:
I am OK
En hier gebruik ons Afrikaanse kleinkind dit op die regte plek.
Ouma moenie bekommerd wees nie. Wat ookal gepla het, is uit.
Hy voel eksieperfeksie!
Dus vergeet ek heeltemal om vir pappa en mamma te laat weet dat hy naar geword het.
Gisteraand kry ek so effens raas.
Ma was stil, ek het gewonder of daar fout is.
Ek stuur gereeld foto’s en video’s van wat ons twee aanvang. Maar ek het regtig vergeet omdat kleinseun baie vriendelik en dapper te vertelle gehad het dat hy OK is.
‘n Ander rede is dat ek die staaltjie hier wou vertel en dan so met hulle deel …
The absolute dearness of this episode!
LikeLiked by 1 person
Siestog. Hoop hy is regtig ok.
LikeLiked by 1 person
Hy is heeltemal ok, hy weet wanneer hy siek is. Dan wys sy hele ou lyfie ook dat hy siek is. Dankie vir die omgee.
LikeLiked by 1 person
Ag, Anne, hy is opvreetbaar!
LikeLiked by 1 person
siestog. 🧡
LikeLiked by 1 person
My eks skoonsus het toe sy nog klein was, een dag benoud in die motor vir haar ma geskree….Ma! Martin spoeg papiertjies! Dit was nou na haar boetie karsiek geword het! Boeta se spoeg eier het my nou daaraan laat dink.
LikeLiked by 2 people
Ag moeder, spoeg papiertjies. Dit is so oulik!
LikeLiked by 1 person
So poignant and cute
LikeLiked by 1 person
Thanks Andrew
LikeLike
Ag siestog! Naar word is nie lekker nie!
LikeLiked by 1 person
Allesbehalwe, en hy hanteer dit so goed.
LikeLike
😊
LikeLike