Gepubliseer in Joernaal

Blouvaal …

Kleinseun is besig om die taal teen die spoed van weerlig aan te leer. En daarmee saam maak hy sy eie woorde … En ek kan nie help om erg beïndruk te wees nie.

So sit ek en hy nou die dag en inkleur. Het ek al vertel dat hy vorms ken? En dat hy vorms oral herken? Soos in die bad:

Kyk, ouma, sirkel!

Hy ken en benoem byvoorbeeld al hierdie vorms. En hy is nog nie eens 2 en ‘n half nie. Nog baie ver van drie af.

Maar, hy ken selfs meer.

Soos byvoorbeeld ovaal. En dit is juis waar die staaltjie van vandag sy oorsprong het.

So kleur hy die ovaal in die prentjieboek in. Dit het glad nie oor vorms gegaan nie, dit was sommer net ‘n prentjie met ‘n ovaalvormige iets in die prentjie.

En hy kies om die ovaal blou in te kleur.

Toe hy klaar is, verklaar hy baie in sy skik:

Kyk, Ouma, blouvaal!

En die woord gaan in my kop vassteek.

Is dit nie oulik nie?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Blouvaal …

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s