Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Myne Steyne

Kleinseun het onlangs by ‘n maatjie waar hulle gekuier het van myne geleer. En nou myne hy sommer baie goed, sommiges myne ook. Soos my peperduur iPad, wat ek nie sommer net gee om mee te speel nie. Ek weet nie of ek ooit weer een sal kan bekostig nie

So myne hy my weer toe ek vir hom vyf Smarties gee en maak of ek dit weer wil vat omdat hy hulle nie tel nie. Hy tel mos al tot by 10 en baie meer!

Hy kyk my toe ewe verontwaardig aan. Met die handjie ver weg van my gehou waar dit volgens hom veilig is. En hy:

Myne

dat ek verstaan dit is syne!

Ek myne toe ook en toe hy weer praat, lê ek soos ek lag. Want hy het alweer sy eie woord gemaak.

Myne

En net sodat ek mooi verstaan, voeg hy by:

Steyne

Wel, is dit nie oulik nie.

Myne … Steyne …

Die mannetjie se naam is Steyn. En Steyn s’n kan seker Steyne word na aanleiding van myne? Om te rym?

En nadat ek hierdie storie gister geskryf het, kom hy by my om weer te probeer om met my iPad te speel, as hy sy eie ene het. Ek sal nog daarvan vertel.

Iedergeval, toe redeneer hy so:

Ouma joune … myne … Steyne …

En dit is in die meeste gevalle waar.

Hy kan met alles in my huis speel. En onder toesig … ook op my iPad ….

Dus is myne Steyne ook …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Myne Steyne

  1. O hete…daai enetjie se praatvermoë gaan vir nog baie pret sorg. Maar dis ‘n goeie een…Steyne s’n is Steyne! En Ouma s’n is ook Steyne!

    Liked by 1 person

      1. Natuurlik….dis vir my so oulik hoe nuwe woorde gebore word. Aanmekaar. Mens moet dit net neerskryf en dalk eendag…word dit nuwe spreektaal.

        Liked by 1 person

  2. Dit is baie oulik. My jongste kleindogter, wat meestal Duits praat, het ‘n lang gesprek met my in Engels gehou waarin elke sin met die vorige een moes rym. Dit was so lekker. Ek dink jong kinders hou van die ritme van rym.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.