So soek ek die week sago in Qazaqstan. Om die storie te vertel, moet ek egter bietjie agtergrond gee vir die behoefte aan sago, iets wat ek donkiejare laas te ete gehad het.
Etiket: Kazakhstan
Om ‘n Russiese plaatkoekie resep te verstaan …
Ek was goed opgewonde toe ek in A+ Supermark in die nuwe winkelsentrum ‘n pakkie ontdek met ‘n prentjie van ‘n mengsel vir ‘n gebak wat ek ken: plaatkoekies (flap jacks).
Thermomix resep vir Russiese lawa-poeding
Ons stad raak al interessanter. Aanvanklik kon ek geen bokskoeke en -poedings opspoor nie, alles word hier van resepte af gemaak. En koekbak was een groot gesukkel, want ek moes eers leer wat meel, bakpoeier en koeksoda, gemmer en botter in Russies is. Botter lyk nie soos die botter wta ek ken nie.
Vinnige blaardeegresep vir Thermomix
Ek koop gewoonlik blaardeeg, want ek het nie geweet dit is so maklik om die self te maak nie.
Om deel van ‘n aanlyngroep te wees
My studieveld is verhoudinge en hoe mense verhoudinge bou om ‘n doel te bereik, veral as dit gaan om oor saamleer. Want dit is eintlik waaroor dit gaan, as daar nie ‘n doel is nie, is dit nie die moeite werd om deel van ‘n groep te wees nie.
Ust’-Kamenagorsk word 4 Maart 2020 gegrendel
Sedert die eerste nuus ons hier in Qazaqstan bereik het, het ek geweet dat die dag vir ons ook sou kom. Om onder kwarantyn te gaan om die SARS-CoV-2 virus se tentakels te beperk. Die probleem is nie dat dit mense siek maak nie, maar eerder dat mense ander aansteek nog voordat hulle self weet dat hulle siek is.