Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Lente in Ust’-Kamenogorsk

Dit is nog baie, baie, baie koud. Die sneeu het vir vier maande dik oor die aarde gelê. En as dit een dag sneeu, het dit soos op die hooffoto gelyk. Wondermooi. Vrekkoud. My vingerpunte het ligte vriesbrand opgedoen toe ek buite was en hulle nie mooi beskerm het nie. Omdat ek nie besef het dat mens in ses minute vriesbrand kan opdoen nie.

Lees voort “Lente in Ust’-Kamenogorsk”

Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Charyn Canyon in Qazaqstan: ‘n moet ervaring

Ek voel so bietjie skaam om te noem dat ek Geografie 3 agter my naam het omdat ek, toe ons in Januarie 2019 besluit het om Qazaqstan toe te kom, so min oor hierdie land geweet het. Dan kan ek myself darem verweer dat Qazaqstan tot Desember 1991 agter die ystergordyn versteek was en dat ons die destydse Soviet Unie as een groot landmassa beskou het. Qazaqstan was maar een van die aanhangsels, die fokus was op die huidige Rusland, met Moskou as die hoofstad. Ons het nie eens geleer dat Almaty die hoofstad van Qazaqstan is nie omdat Qazaqstan in die groot massa opgeneem is.

Lees voort “Charyn Canyon in Qazaqstan: ‘n moet ervaring”

Gepubliseer in Reisjoernaal

Sneeuspykers: die lekker wat ek nie wou toets nie

As die temperatuur laer as -15ºC raak, weier ek om uit te gaan. Dit was laas jaar blykbaar gereeld laer as -20ºC. ‘n Onmenslike temperatuur om buite te wees. My oogballe word dan selfs koud. En lank nadat ek terug in die huis is, voel ek dit steeds as ek my ooglede toemaak. Die ysige koue oogballe, so koud dat dit my ooglede koel maak.

Lees voort “Sneeuspykers: die lekker wat ek nie wou toets nie”