Ek was goed opgewonde toe ek in A+ Supermark in die nuwe winkelsentrum ‘n pakkie ontdek met ‘n prentjie van ‘n mengsel vir ‘n gebak wat ek ken: plaatkoekies (flap jacks).
Plaatkoekies in Öskemen, ala Ust’-Kamenogorsk, ons Ust in Qazaqstan.
Die resep was agterop in Russies, Engels, Qazaq en Duits.
Die Engelse weergawe is werklik swak vertaal. Ek sien dit is in Rusland gemaak en dat daar ‘n adres is. Miskien moet ek taal versorg en aanstuur?
Hulle het probeer, mens kan verstaan.
Maar, die before in punt 4 gaan ‘n arme eerste keer bakster in die steek laat, sy gaan mos nooit weet waarom haar plaatkoekies nie reg proe nie …
Die deeg is ‘n vreemde bruinerige kleur, dus was ons so half ontevrede met die mengsel.
In ‘n Thermie, word die bestanddele nie apart geklits nie, ek het alles saam gevoeg en dit het perfek uitgekom, dit het maklik gemeng met geen klonte nie.
Manlief het gebak. Hy dink dit is lekker, ek het maar liewer nie geproe nie, ek mag nie eiers, melk en koring eet nie. As ek doen, is ek vir twee weke siek.
Ek vat man se woord, hy is baie fitterig oor gebak.
Ek sou dit in olie bak, manlief het botter gebruik.
Ek dink die olie sou die gaatjies duideliker gemaak het, maar manlief kan nie gekeer word as hy eers aan die bak gekom het nie. Hy wou nie liewer olie probeer nie.
Die bakkers en baksters wat lees, vertel gerus in die kommentaar watter dele van die metode het jou laat glimlag het. Ek is seker my Huishoudkunde juffrou op skool sou ‘n hele paar verbeteringe aanbring …
Ja nee, een wat nie weet van plaatkoekies nie sal beslis nie weet hoe die bestanddele gemeng moet word sodat daar geen lumps in is nie. Bly dit het darem nie te sleg geproei nie
LikeLiked by 1 person
A, dankie, Scapy, ek hou myb so in die afsondering besig om koek en poeding te bak. Dit gan nie goed afgaan nie, want ons is besig om warmer weer te kry en dit vereis klere wat dalk heeltemal te styf gaan sit as ek ook nie gaan stap nie. Die polisie is op hulle pos, sien ek, mens wil maar so min as moontlik buite wees. Ons het mos genoeg kos gekoop, die probleem is fdat mens oefening ook nodig het om goed te voel.
LikeLiked by 1 person
Ja-nee daardie meer eet en minder oefening gaan nie regtig saam nie. Ons het nogal oulike dinge wat die radio gee om jou bietjie af te lein. Elke oggend net na 8 uur nuus saamsing lied. Hul sit die woorde op FB en dan sing almal in hul eie bubble so hard hul kan saam.. Ek spring en wikkel ook sommer op die maat saam. Gelukkig kan ons darem nog gaan stap. Het nou meel en eiers gekry(meel was onverkrygbaar) nou beter ek bietjie begin bak. Ek’s baie lui om te bak, dis nou al jare wat ek geen behoefte het nie. Is eintlik van my seun uit die huis is dat ek opgehou het met moeite doen. Altyd karringmelkbeskuit gebak.
LikeLiked by 1 person
Is dit nie waar nie, Scrapy, dat mens baie dinge nie meer doen as die kinders uit die huis is nie. Ek hou van die saamsing liedjie idee.
LikeLike
Jy moet hoor hoe die omroepers die opwinding aanwakker deur uit volle bors ook saam te sing. Hul het selfs hul eie musiekinstrumente wat hul saam bespeel. Hul is net drie persone in die ateljee maar dit gaan voluit vir daardie paar minute.
LikeLiked by 1 person
O my word, Scrapy, dit klink na ‘n goeie idee.
LikeLiked by 1 person
Ons is juis, na seker 15 jaar, weer aan’t plaatkoekies bak agv die krimpvarkievirus – daai een met die pennetjies – en net die volgende dag blog jy daaroor!
LikeLike
Great minds ….
LikeLike
👍🙃😄
LikeLike