Ek koop gewoonlik blaardeeg, want ek het nie geweet dit is so maklik om die self te maak nie.
Wel, met Thermie is dit regtig eenvoudig en maklik, ek het nie eens die deeg gaan koud maak nie.
Bestanddele
- 130 g koekmeel
- 140 g yskoue botter
- 1/4 t sout
- 60 g yskoue water
Metode
Sny die yskoue botter in blokkies. Sit die meel, botter, sout en water in die Thermie bak en meng vir 5 sekondes op spoed 5. Stel die masjien op knie en knie vir 20 sekondes. Die deeg is krummelrig, maar begin om te meng en kan selfs ‘n bietjie taaierig voorkom. Mens sien nog stukkies van die botter.
Haal die deeg uit en rol op ‘n meelbestrooide oppervlak uit.
Indien nodig kan bietjie meel aan die bokant van die deeg gestrooi word om te verhoed dat dit aan die blad en die koekroller vassit. Rol in vierkant uit.
Die deeg kan in drie gevou word, stof elke keer die ekstra meel af wanneer jy vou. Die deeg kan dan vir ‘n halfuur in die vrieskas gesit word om koud te word.
Gebruik dan soos benodig.
Ek het ‘n ronde bak uitgevoer, hoendervulsel gaargemaak bestaande uit uie, hoender en geursel, gevul en lagie bo-oor gesit. Verf melk oor die deeg voordat dit gebak word om ‘n mooi kleur daaraan te gee.
Bak vir 30 minute in ‘n 200ºC oond. Ek vind dat dit na 15 minute mooi gaar kan wees.
Draai die oond in so ‘n geval af en laat in die oond staan tot die 30 minute om is. Sien, ek het self gebak …
Bedien met warm met ‘n slaai.
Terloops: Ek het gevind dat die deeg selfs mooi bak indien dit direk na die mengproses gebak word.
Dit lyk heerlik.
LikeLike
Dankie Toortsie, ek is nie ‘n kok nie, maar dit was nogal lekker. Ons het vandag klaar gemaak.
LikeLiked by 1 person
Ek sal dit graag wil probeer. Blaardeeg laat my heimwee kry na Ouma se konfyttertjies…
Ons kinders het baie gewonder hoekom sy gemmerkoekies en vlakoekies en hawermoutkoekies gebak het as ons almal net konfyttertjies wou eet?
Ek wens, ek wens ek het ‘n thermi. Dit klink of dit al my geploeter in die kombuis sal oplos.
LikeLike
Ai Gedigte, toe my ma een gekoop het, was ek sommer baie vies oor die mense wat in aftree-oorde ingaan en goed aan ou mense verkoop teen R20 000. Toe lees ek bietjie op, koop een en nou is sy my beste vriendin in die kombuis. Veral as ek nie lus is om skottelgoed te was nie. Of, om potte dop te hou nie. Sy gaan haar gang en roep my as sy klaar is – en ek het dan nie gebrande rys terwyl ek verlore is in ‘n artikel nie.
LikeLike
Klink so lekker. Veral vir ons wat so verlore raak in skryfstukke!
LikeLike
Net ‘n skrywer sal verstaan! Kosmaak is ‘n bysaak …
LikeLike
Nou praat jy! 💖
LikeLike
Jinne dankie, ek gaan die resep probeer
LikeLike
Dit is so eenvoudig, ek dink mens kan dit sommer liggies met die hand meng en liggies knie en druk, en werk perfek.
LikeLike