Gistermiddag het ons so teen drie-uur rivier toe gery. Dit het begin reën toe ons uit Centurion is, maar glad nie hard nie. Tog het dit ons meer as ‘n uur geneem om die stukkie N1 te ry tot by die N14, waar ons eers by ‘n motorhawe moes stop. Die ry-stop-ry is nie so lekker op die blaas nie.
Lees voort “Centurion vloed terwyl ons by rivier is …”Etiket: foto’s
40ste huweliksherdenking
Ons was Sondag die 30ste Januarie 40 jaar getroud. Vrydag vertel manlief vir my dat ek ‘n mooi rokkie moet pak, ons gaan bietjie rustig verkeer vir ons 40ste huweliksherdenking.
Lees voort “40ste huweliksherdenking”Vissermanne op brug in Istanboel
Ons het in 2019 ‘n paar keer met Turskish Airlines tussen Johannesburg en Ust-Kamenogorsk (Kazakhstan) gevlieg. Dit was heelwat goedkoper as ander rederye. Maar, ons moes heen en weer 16-uur oorstaan op Istanboel in Turkye.
Lees voort “Vissermanne op brug in Istanboel”Spesiaal vir my vriend Andrew in Australië
Vandag herinner my iPad my aan ‘n paar foto’s wat ek in Sydney geneem het toe ons hierdie tyd 12 jaar gelede daar was. Alhoewel ek Australië na die Novac Djokovic episode nie weer sal besoek nie, wil ek die foto’s tog deel. Veral omdat dit op Andrew – my vriend in Australië – se voorstoep is.
Lees voort “Spesiaal vir my vriend Andrew in Australië”Die wolkmaker van Noordwes
Blogvriendin Aletta het onlangs ‘n foto gedeel van wolke wat reguit die lug ingaan. En ek het geskryf dat dit ‘n vliegtuig se werk moet wees. Wel …
Lees voort “Die wolkmaker van Noordwes”Die donkie van Klub Mykanos
So rukkie gelede deel blogvriendin Aletta foto’s van die mooiste donkies by Klub Mykanos aan die Weskus van Suid-Afrika.
Lees voort “Die donkie van Klub Mykanos”