My dogter gesels nou die dag so dat party mense van berge hou en ander van die see. Ek vermoed dat ek van water hou. Soos wat hierdie foto getuig.
Lees voort “Weerkaatsings op die Irtish in Öskemen”Etiket: foto-stories
Die bytjies en die blommetjies in Öskemen
Hierdie foto neem my terug na ons lewe in Kazakhstan, veral na die 15 maande wat ons in by Ust’-Kamenogorsk, ala Öskemen, die hoofstad van die Oostelike Provinsie van Kazakhstan gewoon het.
Lees voort “Die bytjies en die blommetjies in Öskemen”Wit, witter, witste sneeu …
Verskeie bloggers vra die week dat foto’s gedeel word waarin wit die oorheersende kleur is. En elke keer trek die uitdagings my, want ek het, nadat ek 18 maande in Kazakhstan gebly het, duisende foto’s waarin wit die oorheersende kleur is.
Lees voort “Wit, witter, witste sneeu …”Seegroen-blou is my spesiale kleur
Tourmaline vra in verlede week dat mens “turkuoise-blue” foto’s deel. Ek het toe my een gedeel oor die seegroen-blou kleurfront in Valsbaai wat ek uit die lug kon afneem. Dit is egter ‘n spesiale kleur wat uitstaan as ek deur my foto’s blaai.
Lees voort “Seegroen-blou is my spesiale kleur”Sonsondergang oor Valsbaai
My absolute gunstelingstrand is die strand van die kusdorpie Strand., naby Somerset-Wes. Ek dink Strand is sommer terselfdertyd Somerset-Wes se strandgebied. Ek kan ure op die strand loop, foto’s neem en ek raak nooit vir die plek moeg nie. Dit lyk vir my elke keer anders.
Duiwe se voetspoortjies in die sand …
Ek het op die laaste dag van Mei teen skemer uitgegaan om hierdie foto te neem, glad nie om aan enige uitdaging deel te neem nie. Bloot omdat ek so graag wil weet wat die duiwe in die rooi sand maak.
Lees voort “Duiwe se voetspoortjies in die sand …”