Jez Braithwaite’s se Water Water Everywhere foto-uitdagings trek my elke keer na my eie foto’s toe om een te gaan soek wat kan pas. Hierdie keer plaas ek weer ‘n foto van die rivier by ons huis – veral omdat die tema weerkaatsings is.
Lees voort “Weerkaatsings op die Vaalrivier …”Etiket: foto-stories
’n Seegroen-blou (turkuoise) kleurfront oor Valsbaai
Tourmaline vra die week dat mens “turkuoise-blue” foto’s deel. En dit het my onmiddellik aan ‘n foto of twee herinner. ‘n See wat nie kan besluit of hy blou, groen, seegroen (turkuoise) of seeblou wil wees nie.
Lees voort “’n Seegroen-blou (turkuoise) kleurfront oor Valsbaai”‘n Stoel om waterverwoesting gade te slaan …
Ek sien vandag twee foto-uitdagings waaraan ek met een foto kan deelneem. Hierdie ene …
Lees voort “‘n Stoel om waterverwoesting gade te slaan …”10 000 km uitmekaar – op twee pieke van die aarde
Vanoggend herinner my iPad my aan ‘n foto, wat verdere herinneringe meebring. ‘n Vorige keer ‘n soortgelyke foto geneem – op ‘n ander piek van die aarde, ander berg/reeks, ander halfrond, ander klimaat, ander land, ander lewe.
Lees voort “10 000 km uitmekaar – op twee pieke van die aarde”Wolkekrabbers in Dubai
Manlief het my in Augustus 2018 met ‘n besoek aan Dubai verras. Vir my verjaarsdag. Ek het soveel foto’s geneem, maar vandag herinner my iPad my aan hierdie spesifieke ene.
Lees voort “Wolkekrabbers in Dubai”Sonsondergang oor die stad
Die foto het ek die naweek geneem. Om my te herinner aan sonsondergange by ons huis in die stad.
Lees voort “Sonsondergang oor die stad”