Ek het op die laaste dag van Mei teen skemer uitgegaan om hierdie foto te neem, glad nie om aan enige uitdaging deel te neem nie. Bloot omdat ek so graag wil weet wat die duiwe in die rooi sand maak.
Maar Brian Dodd se Last Day of May uitdaging om die laaste foto wat geneem is te deel, het my ook sommer lus gemaak om die foto te deel.
By ons is die duiwe klein, baie kleiner as in die stad. Ek gaan moet foto’s neem om te kan vertel watter soort duiwe dit is – want dalk kan Anne dan help? Sy ken voëls en hulle name.
Ek kyk dikwels by my venster uit om te probeer verstaan wat die duiwe in die erf maak. Hulle sit nie op die gras soos die duiwe in die stad nie, maar op die droë rooi grond van die Kalahari, Noord-Kaap. Ons het mos sand vir tuin, net gras voor waar mense die huis van die straat af sien … Dit is waar ons tans woon – in Kuruman om presies te wees. En dan pik hulle in die grond.

Kyk die voetspoortjies in die sand. En die driehoekagtige gaatjies wat hulle met die bekkies maak. Ek neem aan hulle kry insekte daar? Want saadjies is daar beslis nie.
Gisteraand wou ek foto van ‘n groter dat neem wat uitgepik is. Maar ek het met filters gespeel die oggend en toe nie teruggeskakel weg van noir (swart en wit) nie.

Toe ek die fout agterkom, moes ek eers die foon se kamera stel.
Maar toe ek die foto weer wou neem, het my twee Schnauzers die vertrap.
Hulle het mos nou nie geweet wat ek die patroontjie gat wou afneem nie – vir hulle is dit net ‘n plek waar mens kan loop.
Ek wonder of julle Rooiborsduifies in die tuin het – hulle is nogal klein en kom voor orals in Suid-Afrika. Hulle soek seker vir saadjies wat in die sand is. Watter soort bome groei naby? Meskien is daar ook grassade daar.
LikeLiked by 1 person
Haai Anne, daar is wel grassade, maar hulle is oop en bloot aan die stele van die gras vas. Ek gaan bietjie grou en kyk of ek iets kry. Sal ook foto van hulle probeer neem.
LikeLiked by 1 person