Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Lente in Ust’-Kamenogorsk

Dit is nog baie, baie, baie koud. Die sneeu het vir vier maande dik oor die aarde gelê. En as dit een dag sneeu, het dit soos op die hooffoto gelyk. Wondermooi. Vrekkoud. My vingerpunte het ligte vriesbrand opgedoen toe ek buite was en hulle nie mooi beskerm het nie. Omdat ek nie besef het dat mens in ses minute vriesbrand kan opdoen nie.

Die son skyn nou weer langer per dag, die son skuif vinnig oor die horison om sy plek vir somersonstilstand te gaan vind. En die bome en plante hier juig, ten spyte van die koue, dit is lente.

Die sneeu het op plekke waar die son skyn al bykans heeltemal gesmelt.

Op ander plekke lê dit steeds in hope en wag om te smelt. Die wind is nog nie lus vir saamspeel nie, waai teen subzero temperature teen mens se gesig vas. Gister het soos -18ºC gevoel.

Ons Hollywoodagtige Kazakhstanberg lyk nog so. Ek het die foto’s gister geneem. Kyk net hoe verander my lewendige skildery (uitsig op berg) in een enkele dag.

    Onderste foto: oggend met sneeu op die berg.
    Middelste foto: later die oggend met son wat wolke wegwaai
    Boonste foto: halfses die aand, geen wolk in sig nie.

Die plante sê op baie plekke in die stad egter basta met jou. Dit is lente en lente se plante is groen … Die bome het blare gekry, al is dit snags nog ver onder zero.

As mens so na die natuur buite kyk, is dit aaklig om te weet dat ‘n virus ons lewens bedreig. Almal op die aarde s’n.

Hier is ons nog nie tot ons huise beperk nie, dit is warmer en ek kan makliker stap omdat die sypaadjies weer skoon is.

Daarom gaan stap ek baie, alleen, ver van mense af en ver van plekke waar mens kan aansteek.

En neem ek maar foto’s soos wat ek kan, terwyl ek buite mag wees.

Terwyl my hart bid dat Suid-Afrika se sluit van die land sonder drama gaan verloop. Sommige mense luister en werk saam, ander nie. Tog glo ek dat elke keer wat die president sy toesprake met God saves South Africa afsluit, die gebed in die meeste van die Suid-Afrikaners se harte is.

Dit voel of die polisie en weermag te veel mag kry. In ‘n land waar korrupsie hoogty vier. En Waldimar Pelser deel my sentiment, sien ek toe ek die Rapport gister lees.

Ek glo egter die Here sal ons land beskerm, ons mense beskerm, almal beskerm, dat ons saam sal verstaan dat ons mekaar nodig het.

En ek bid vir vrede.

Laat my so bietjie soos Miss Congeniality klink, wat beweer het dat al die skoonheidskoninginfinaliste vir wêreldvrede hoop. Ek dink dit is waarvoor elke mens op aarde op die oomblik moet bid.

Vrede sal klaar genoeg wees om die impak van die virus te beperk. So dink ek.

Foto: ‘n Kunswerk van my kleinkind, spesiaal vir ouma, want sy hou van Jakaranda-bome

 

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

17 gedagtes oor “Lente in Ust’-Kamenogorsk

  1. Daardie lewendige skildery is darem regtig wonder skoon. Ja, ek bid saam dat daar tog op einde uitkoms Gaan wees. Selfs hier lyk dit nie baie belowend nie. Daar word saans na sluitingstyd in groepe saam rond beweeg. In middel van nag aan deure geruk. Die Bose kom nou tevoorskyn. Daar word gevra Vir klokreeling sodat Normand na delete tyd buite mag wees of rondry nie. Ek dink die koue daar by jou hou die virus bietjie in bedwang.

    Like

    1. Scrapy, daai is iets waaroor ek bekommerd is. Mense wat snags gaan begin rondsluip omdat hulle nie kos het nie. Ek weet nie of die sluit van die land so ‘n goeie ding was nie, waar gaan hulle kos kry as hulle nie geld het om te werk nie? Ons tuinman kry steeds salaris, maar wat van ander mense wat peace jobs doen? Hoe gaan hulle oorleef?

      Sterkte, mens gaan maar net aanhoudend en aanmekaar moet bid.

      Like

    1. Ek ook, as ek weer sien is daar besluit wat ek wou skryf, asof ek nie self kan spel nie en nie daardie woord wou skryf wat hulle ingesit het nie. Maar, navorsing wys dat mens reg lees as die regte letters op die regte plek is, al is daar verkeerde letters tussenin. Dus het ek verstaan.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.