Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Qazaq voorskoolse plakkate is anders …

Ek was lanklaas in ‘n kleuterskool, weet nie of hulle ook plakkate met veiligheidsreëls opsit nie. En ek weet ook nie of dit nog gedoen word nie, dat reëls in kinders ingedril word nie.

Ek was ‘n hoërskooljuffrou, on shet aanvaar daardie reëls is op laerskool aangeleer. Ek verbeel my egter dat daar wel plakkate met reëls was in die laerskole wat ek bygewoon het. Voel of daar reëls was soos was jou hande met prente by, maar nou kan ek nie met sekerheid sê nie

Gister, toe ek weer in die vensterbank sit en afkyk na onder, onthou ek die plakkaat wat ek onthou ek by ‘n voorskool hier in Öskemen afgeneem het, maar nog nooit iets oor vertel het nie. Ek het die foto geneem toe ek een keer saam met my vriendin na haar kind se skool gestap het om die dogtertjie te gaan haal.

Veiligheidsreëls vir voorskoolse kinders, met prentjies by.

Kyk na die vierde een in die eerste ry. Dit het dadelik my aandag getrek want ek het gewonder hoe ouers dit regkry dat kinders nie op die vensterbanke wil speel nie. Dit is gevaarlik, ons het nie diefwering nie en ons is op die 8ste verdieping, gaan beslis ‘n ver val wees.

Ons het sulke breë vensterbanke, ek sit gereeld op ons s’n, aan die kant waar die vensters nie oopmaak nie en verwonder my aan die lewe onder ons. Wel, dit is nie ‘n goeie voorbeeld vir kinders nie omdat hierdie woonstelle nie tralies voor vensters het nie, al woon ek op die 8ste verdieping.

Hulle word darem voorskool reeds geleer dit is ‘n nee-nee om daar te sit.

Ek het Googe Translate gebruik om dit vir my vertaal.

Want sien, mens kan nie altyd op prentjies staatmaak dat kinders verstaan nie.

So leer ons vir Dollatjie padreëls toe sy nog klein was, mens moet darem weet wat alles beteken. En sy was ‘n ‘n nuuskierige kind. Ek wys een keer na die glas met sleutels daarin en die groot rooi kruis daaroor en vra wat die beteken.

Volgens haar het dit beteken dat jy nie jou sleutels in ‘n glas mag gooi nie. Ons het so lekker gelag, maar ook besef dat prente nie altyd die storie vertel nie.

Bo-aan staan vir voorskoolse leerders, dus moet hulle dit leer.

  1. Do not open door to unfamiliar people, ek neem aan dat hulle geleer word om eers deur die loergaatjie seker te maak dat hulle die persoon ken. Hoe belangrik dit is om eers te kyk, het ek op ‘n harde manier hier geleer. Toe ek oopgemaak het sonder om te kyk. Die volgende oomblik was ‘n kwaai immigrasie-polisieman in my huis en ek en manlief het hom nie verstaan nie … ek het die storie al vertel.
  2.  Cannot go on ice reservoirs, ek neem aan dit is baie belangrik, want as hulle op ‘n sagte plek trap, is hulle in yswater. Iets wat nie in Suid-Afrika nodig is om te leer nie, daar kan ons nie op water loop nie.
  3. Don’t go with unknown people, baie goeie reël, maar hier is kinders veilig. Hulle stap saans saam met hulle ouers rond, klim alleen op busse soos die twee op die foto en kom die aand weer veilig tuis. Hier is wet en orde, maar dit is beslis iets wat in Suid-Afrika geleer word.
  4. Do not sit on my sill, soos ek gesê het, hier is geen diefwering voor vensters nie. Hulle sal ver valmas hulle uitval. Al die woonstelle is op die tweede vloer (ons eerste vloer, hulle begin by eerste vloer vir die grondverdieping). Ek dink nie dit word in Suid-Afrika geleer nie, maar hier is dit lewensnoodsaaklik. Weet jy hoe lekker ek elke dag op myne sit om na die aarde onder my te staar? Glad nie ‘n voorbeeld vir kinders nie.
  5. If lost, contact a police officer, want hulle sal beslis help om ouers te kry. Ek wonder of dit oral in Suid-Afrika die beste persoon is om te kontak. Hier is die mense wetsgehoorsaam, kinders ry alleen trem en bus en stap ver ente alleen. Want hier is dit veilig, die polisie is nie oral sigbaar nie, maar hulle is die beste persoon om te help.
  6. Do not choose anything things, verstaan ek nie so lekker nie, neem aan hulle word geleer om ander mense se goed uit te los. Lyk nie of hulle geleer word om nie geskenke van vreemde grootmense te vat nie? Dit is beslis iets wat van kleins af geleer moet word. Dan sal kinders seker ook minder vloermoere gooi oor ander mense se goed. En grootmense besef hulle kan nie ander mense se goed vat nie. Soos hier geleer en geleef word. Hier los vrouens hulle handsakke by de tafel as hulle eet, en dit is net daar as hulle teruggaan. Onaangeraak. Hier het ek al ‘n pakkie in ‘n restaurantjie vergeet, later onthou, teruggegaan en toe ek instap, bring die kelner dit vir my. Is dit nog so in die RSA?
  7. Do not approach close to fire works, baie belangrik, want hier word vuurwerke nog geskiet. In die stad, in al sy glorie. Kinders moet weet hoe gevaarlik dit is om na aan die vuurwerke te kom. Ek verkies Suid-Afrika waar dit verban word. Ons het die nag toe die stad 299 jaar oud geword het, gedink die stad word uit die lug aangeval toe die vuurwerke begin. Mooi ja, maar hier is kinders en diere in die stad. Ek het my besimpeld geskrik.
  8. Do not play on the construction, ook ‘n belangrike een, ek dink nie dit word vir Suid-Afrikaanse kinders geleer nie. Daar word geboue mos klaar gebou voor mens intrek. Hier word gereeldmaan geboue gewerk, in die somer veral. Om skade reg te maak. Hier kan baie goed op jou val as jy loop waar mense werk. Soos ysstalaktiete wat losgemaak word en afval grond toe, verdiepings ver. Of sneeu, wat van dakke af val. Of boumateriaal wat tydens konstruksie gebruik word.

Dit neem my sommer terug na die prente wat gebruik is om tydens my kinderjare te leer. Ek kan nie alles onthou nie, ek onthou wel ‘n kraan wat lek. Om ons spesifiek teen die vermorsing van water te waarsku. En gepaardgaande liedjies:

Moenie met die water mors nie, die ou mense wil dit drink!

Toe was waterskaarste reeds ‘n groot probleem, nou raak dit ‘n probleem wat kan veroorsaak dat ‘n provinsie soos Gauteng waterloos kan raak. Terwyl die water oral verkwis word, krane lek, pype nie reggemaak word nie, en so gaan dit aan.

Word die kinders nog geleer dat krane styf toegedraai moet word, dat mens nie met water moet mors nie.

Hoekom voel dit vir my of dit nie meer geleer word nie …

Hooffoto: sjoe, dit is skaars twee weke gelede geneem. Nou is die sneeu bykans oral weg, lyk dit vaal, vaal, vaal. Met gras wat begin groen word.

 

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.