Ons het gistermiddag gaan stap. Manlief was klaar in ander klere en glad nie lus om te gaan stap nie. Maar, ek kan nogal oortuigend wees as ek moet.
Lees voort “‘n Vinnige uitstappie afgerond met ete by Mado in Almaty”Etiket: Almaty
Terasse Lillet – eetplekkie in Almaty
Hierdie een gaan sommer kort wees. Die eerste ding wat my van die plek opgeval het, is die naam. Dan die rooi kombersies oor elke stoel al is dit somer, met die naam Lillet in wit daarop geborduur. Die naam is vir my interessant.
Lees voort “Terasse Lillet – eetplekkie in Almaty”‘n Stappie word ‘n onverwagte uiteet in Almaty
Vanmiddag nadat manlief gewerk het, vra ek dat ons bietjie gaan stap. Ek is lus om af te stap om te gaan kyk wat tussen die twee geboue ver onderkant ons is. Die twee wat amper soos ‘n hek gebou is, na mekaar gedraai aan weerstante van ‘n straat staan. Amper soos daardie hekke by die ingang van imposante wonings.
Lees voort “‘n Stappie word ‘n onverwagte uiteet in Almaty”Pret en petaljes eerste twee weke in Almaty
Ons is nou twee weke in Almaty. Aan die een kant het die tyd gevlieg, aan die ander kant staan dit stil. Want dit wat ons die graagste wil doen, kan ons nie doen nie. Maar, dat ek dan maar van die pret en petaljes gedurende die eerste twee weke vertel.
Lees voort “Pret en petaljes eerste twee weke in Almaty”Aalwyne en ander huisplante in Qazaqstan
Ek dreig al so lank om hierdie artikel te skryf. Toe oortuig Anne, ‘n blogvriendin, se kommentaar op my kommentaar op haar foto my om dit vandag te skryf. Ek skryf oor die stoute sprinkaan wat die blare eet en sy antwoord dat aloes en grasshoppers ‘n wêreld verwyder is van waar ek nou is. Ek is regtig so ver weg, 10 000 km, of is dit nou nadat ons nader getrek het 9000 km?
Lees voort “Aalwyne en ander huisplante in Qazaqstan”Ocean Basket in Almaty
Ons het in Maart 2020, net voor die grendeltyd begin het, in Almaty kom toer. Vir ‘n lang naweek. En toe ontdek ons Ocean Basket naby Almaty hotel in ‘n wandellaan. En ja, ons was verras, want is Ocean Basket nie eg Suid-Afrikaans nie? En hier kry ons een in Qazaqstan se hoofstad. Natuurlik moes ons daar gaan eet.
Lees voort “Ocean Basket in Almaty”