Gepubliseer in Joernaal

Die ouer-onderwyservenootskap

Ouers vra gereeld vrae op my Facebook-groep RSA-onderwysers soos: Mag ‘n onderwyser so en so straf toepas as kind nie opgelet het nie, huiswerk tuis vergeet het of iets soos swemklere tuis vergeet het. Nou wil ek aan die ouers die volgende vrae vra: a) Straf jy nie jou kinders as hulle nie ‘n redelike opdrag uitvoer nie, b) moes jy al 30 en meer kinders vir 30 minute oppas en seker maak dat almal ‘n taak uitvoer om nie te druip nie, en c) hoe maak jy seker dat die een kind wat dwarstrek nie jou deeglik-beplande kinderpartytjjie ontwrig nie?

Lees voort “Die ouer-onderwyservenootskap”

Gepubliseer in Woefkinders

Nevan ons blouoog hondekind

Oor twee maande is Nevan, ons Siberiese Husky, reeds 12 jaar deel van die gesin. Ons het daardie tyd so pas van Welkom na Roodepoort getrek, Anja was lankal uit die huis, Marnus is universiteit toe, manlief het ver gewerk, ek het moes (weer) by ‘n nuwe skool begin. En ek het besluit dat ek ‘n beskermer nodig het.

Lees voort “Nevan ons blouoog hondekind”