Die natuur is nie mens se speelmaat nie. Anders as in die geval van die tsunami, wat ‘n paar jaar gelede verwoesting in die Ooste veroorsaak het, word ys-tsunami’s nie deur aardbewings veroorsaak nie, maar deur krake in die ys op ‘n meer.

Spesiale omstandighede veroorsaak dat ys-tsoenami’s ontstaan. Sodra die ys begin smelt, ontstaan krake in die laag ys op ‘n meer. NASA/MODIS het op die 15de April 2014 dié foto van ys op die Michigan meer geneem.
Sodra die yslaag van die strande van ‘n meer geskei word, begin massiewe ysblokke vrylik op ‘n meer ronddryf. Indien ‘n sterk wind dan oor die meer in die rigting van die strande van ‘n meer waai, word hierdie massiewe ysblokke teen die strande van ‘n meer opgedruk. David Hambling (2017) het die foto gedeel en voorspel dat die einde van Februarie 2017 met ystsoenami’s kan afgesluit kan word.

(Foto: Ys word teen strande gedryf Hambling 2017)
Ys-tsoenami’s ontstaan wanneer sterk winde die massiewe ysblokke vir langer as 12 uur teen die strande forseer sodat die vinnig-drywende blokke ys die wat reeds teen die strand vasgedruk is, met ‘n onkeerbare momentum vorentoe oor die omliggende land geforseer word. Die momentum verswak sodra die ysblokke land tref en veroorsaak dat lae daaragter daarteen bots, breek, vorentoe val en so vorentoe geforseer word. So ‘n golf ys kan in die vorm van groot blokke ys, kleiner segmente of bevrore stukkies ys (“slush) wees.
Volgens toeskouers klink die harde geluid, wat daarmee saamgaan, soos ‘n trein wat verbyry. In hierdie versnelde-spoed video, wat Andrew Smith van die ophoping van ys op die Utah meer geneem het, kan die proses duidelik gevolg word. OV Baloch het ‘n video op YouTube gedeel van ‘n ys-tsoenami, wat deur die ys op Mille Lacs meer in Minnesota veroorsaak is. In hierdie video kan die geluid, wat deur die voortstuwende ys veroorsaak word, duidelik gehoor word. Nog ‘n video van die krag van die ys-tsoenami wat die omgewing rondom die Mille Lac meer getref het. Volgens Hambling (2017) het huiseienaar al die blokke ys met dinamiet geskiet as voorsorgmaatreël om skade te beperk. Hierdie verskynsel is nie ongewoon in Kanada en die noordelike deel van Amerika nie, maar dit is ook al by die Baikal meer in Rusland en in 2017 in Hongarye verfilm. Adam Pinter het die volgende video van die Balaton meer in Hongarye geneem en op die 10de Januarie 2017 op Youtube gedeel. Twee maande later is van dié ys oor die grense van die meer gestuur.

Foto op Hungary Today se webblad
Skouspelagtige foto’s van hierdie verskynsel is op die Internet beskikbaar.

Foto van yslaag wat landop gedruk is in Menominee, Mich op 13 April 2014. Nie eens huise kan ys-tsunamis keer nie, dit druk doodeenvoudig bo-oor huise.

Foto: Mase TV
Ander kere word huise gedurende die proses verwoes

Foto: Mase TV
Dié onderstaande foto wys hoe die St Joseph lighuis in Januarie 2013 gelyk het nadat dit deur ‘n ys-tsoenami bedek is.

Skouspelagtig inderdaad!
Hierdie is baie interessant, Christa!
LikeLike