Ek het die afgelope paar dae hewig gesukkel met opgeblaasdheid, moegheid en ‘n algehele gevoel van lusteloosheid. Daarom is ek besig om ‘n lys te maak van kos wat ek moet vermy.
Die lys sal mettertyd aangevul word tot ek ‘n aanlynplek het waar ek vinnig kan loer wat om nie weer te eet nie.
PASTAS EN PAPPE
- Two-minute noodles – (erge maagpyn en sooibrand twee ure later en vier ure later nog nie verlig nie)
- Hawermoutpap (winde wat nie wil uit nie, moet ure lank burp om verligting te vind)
SPESERYE
- Brandgoed soos chillies, dit haat ek darem
- Kaneel – nou ja toe, een raad was juis om kaneel op alles te gooi!
VLEISE
- Biltong
- Rooi vlies